een van die grootste gebeurtenisse vanjaar in die plaaslike steenkoolmynbousektor is die verkoop van South32 se South African Energy Coal (SAEC), ’n afdeling van dié maatskappy, waarvan die hoofkantoor in Perth is, wat sowat 28 miljoen ton termiese steenkool per jaar produseer waarvan omtrent die helfte aan Eskom verkoop word.
Terwyl die verkoop ’n reusegeleentheid gaan skep vir die suksesvolle koper of konsortium wat dit koop, laat dit ookvrae ontstaan oorSouth32 se toekomstige belange in die land met dié dat van al sy nuwe sakebesteding sover vanjaar – gelykstaande met sowat $1,5 miljard – niks in die land was nie.
“Ons is die wêreldleier en ons kan nie anders as om in Suid-Afrika te wees nie, want ons het 80% van die wêreld se mangaanhulpbronne.” “Daar is beslis nie ’n…
