Dis interessant om berekeninge te doen om te sien watterJSE-genoteerde aandele voldoen aan Benjamin Graham se klassieke defensiewewaardemetodologie (hoofstukke 4, 5 en 15 van The Intelligent Investor). Dié boek beskryf ook sy ondernemingsmetodologie, en die defensiewe metode is, soos die naam aandui, veiliger. Elemente in die defensiewe proses is die huidige verhouding, markkapitalisasie, dividend-en winsgeskiedenis, boekwaarde en uiteindelik die “Graham-verhouding”.
Slegs een aandeel het geslaag, met ’n waardasie van meer as R200.
Graham se defensiewe metodologie soek betroubare aandele met bewese winsgewendheid, en Barloworld voldoen beslis hieraan.
Barloworld het plaaslike en buitelandse blootstelling en het onlangs effe skoongemaak deur ontslae te raak van die Iberiansaak. Hy het steeds voertuie, huur, verkope, vlootbestuur en logistiek, asook grondverskuiwings- en kragstelseltoerusting. Dit is ’n moeilike sektor, maar dié maatskappy bly wins maak en…
