mark Bristow, stigter en uitvoerende hoof van Randgold Resources, sê hy en John Thornton, uitvoerende voorsitter van Barrick Gold, stem ooreen wat sakebeginsels betref, wat sal help om die verskille tussen hulle te oorbrug. Barrick Gold, die Kanadese goudmynmaatskappy van $13 miljard, het op 24 September onthul dat hy met Randgold saamsmelt.
Bristow en Thornton, wat deur die Financial Times as “the odd couple” beskryf word, het elk sy eie aanslag. Thornton, ’n voormalige voorsitter van die Goldman Sachs-groep, hou nie van kommersiële vlugte nie en vlieg eerder in Barrick se Gulfstream V-straler om afsprake na te kom, berig die Wall Street Journal.
In ’n duidelike poging om ’n saadjie in die mark te plant, het Thornton tien dae voordat die transaksie aangekondig is met laasgenoemde koerant ’n onderhoud gevoer.…
