eOH voorsien ’n reeks inligtingtegnologiedienste, sagteware, IT-infrastruktuur, nywerheidstegnologie en uitkontrakteringsoplossings. Hy is bedrywig in meer as 50 lande. Toe EOH nie sy eerste hoogtepunt in Desember 2016 van R180 per aandeel kon oortref nie, ná jare van sterk groei wat met aandele gefinansier is, het hy geleidelik tot R23,35 teruggesak – ’n laagtepunt wat laas in 2012 ervaar is.
Aantygings van staatstender-ongerymdhede, wat die maatskappy heeltemal ontken, asook die skielike bedanking van sy langs dienende uitvoerende hoof, Asher Bohbot, verlede jaar, het die mark geskok.
Die maatskappy het sy resultate vir die jaar tot 31 Julie 2018 op 3 Oktober bekend gemaak, met ter perse gaan van dié uitgawe van finweek.
Vooruitsig: EOH het stewige steun op R26,55 gehandhaaf en dit lyk of hy opwaarts vorder binne sy langtermyn-beertendens; dalk…
