en van my gunsteling-sportherinneringe was om in 2010 na Sokkerwêreldbekerwedstryde te kyk. Niks kan beter wees as die opwinding van die wedstryde, die voorbereidings, die sing van die volksliedere, die gedruis van die vuvuzelas, die doele wat aangeteken is, en die lawaai van die skare nie. Of het ek dit verkeerd? Is daar ander moontlikhede hoe ’n mens sport kan beleef?
Toe Covid-19 ons getref het, was sport een van die eerste slagoffers. Om uit te vind hoeveel die pandemie die sportbedryf verander het, het ek gaan kers opsteek by Brendon Fourie, medestigter en finansiële hoof van Four Nations Football Consulting, ’n bestuursadviesfirma met sy hoofkantoor in Barcelona, wat sportklubs en-verenigings met sportbestuur help.
“Die onvolhoubare finansiële modelle by die meeste sokkerklubs moes eenvoudig vroeër of later ineenstort. Die totale…
