die finansiële resultate van die mynmaatskappye Glencore, Anglo American en BHP in Februarie , asook die JSE se edelmetaalmaatskappye Sibanye- Stillwater, Impala Platinum (Implats), en Gold Fields sal tot groot geesdrif onder beleggers lei.
“ ’n Goeie, stewige dividend wat in die nabye termyn betaal word, kan ’n effense buffer bied teen ’n daling in die prys van kommoditeite as ons ’n regstelling ná die onlangse herstel ervaar,” het RMB Morgan Stanley in Januarie gesê.
Nadat Kumba Iron Ore (waarvan Anglo American 70% besit) byvoorbeeld voldoende kontantreserwes opgebou het, sal hy na verwagting al die vrye kontant wat hy in die tweede helfte van sy finansiële jaar geskep het, uitbetaal. Dit sal na Exxaro Resources vloei, wat sy 20%-belang in Kumba se filiaal, Sishen Iron Ore, uitbetaal. Exxaro sal ongeveer…
