DIE GOEIE
Die hotel-en casino-groep Sun International, wat begin Julie 10 van sy 11 casino’s in Suid-Afrika heropen het, sê die verligting van die inperkings het tot beter handelsaktiwiteit gelei. Die groep sê hy is vol vertroue oor sy herstel ná die pandemie. Volgens BDLive was die groepskuld aan die einde van die ses maande tot Junie R15,1 miljard – hoër as Desember se R13,3 miljard, en baie meer as sy markkapitalisasie van R3,3 miljard. Die maatskappy het toegewings van kredietverskaffers verkry, en hy het in Augustus R1,2 miljard deur ’n regte-aanbod ingesamel. Hy gaan ook sy meerderheidsbelang in die Latyns-Amerikaanse onderneming Sun Dreams aan vennoot Nueva Inversiones Pacifico Sur vir R2,7 miljard verkoop.
DIE SLEGTE
Bestellings deur die Gautengse departement van gesondheid vir persoonlike beskermtoerusting (PBT) mag moontlike korrupte…
