die antieke Griekse wysgeer en wetenskaplike, Aristoteles, wat roem verwerf het as die leermeester van Alexander die Grote, het eens geskryf “ ’n staat sal net goed bestuur word as die middelklas die septer swaai”.
Die middelklas vorm jare reeds ’n belangrike, maar politiek sluimerende laag van die Suid-Afrikaanse samelewing, maar die skerp stygende lewenskoste wat dié groep se inkomste wegvreet, maak hulle nou wakker. Van brandstof, voedsel, kleding, medisyne, huurgeld en onderwys, tot elektrisiteit en water, die koste van dié dienste en produkte skiet die hoogte in.
Die hoë lewenskoste, ’n ekonomie wat stilstaan en stygende werkloosheid dwing die middelklas om hulle te verset teen regeringsbeleid wat hul finansiële posisie bedreig.
In 2016 is die spanning tussen die middelklas en die regering op die spits gedryf in Gauteng, die…
