tien jaar nadat die wêreldwye finansiële krisis begin het, is die wêreldekonomie in ’n taamlik goeie toestand. Vertroue in die eurogebied is die hoogste in ’n dekade; ’n rekordgetal van 153,5 miljoen Amerikaners het werk – wat die werkloosheidskoers ’n byna weglaatbaar klein 4,3% maak; die verbruikersvertroue in China is op ’n rekordhoogtepunt; Brasilië en Rusland is nie meer in ’n resessie nie; Indië, die wêreld se snels groeiende groot ekonomie, brei teen meer as 6% uit.
As ’n klein, oop ekonomie is Suid-Afrika se welstand gewoonlik nou met die stand van die wêreld verbind. As sake normaalweg voortgegaan het, sou Suid-Afrika tans teen omtrent 2,5% tot 3% gegroei het – aangedryf deur die groeiende wêreldekonomie, sê Kevin Lings, hoofekonoom van Stanlib.
Pleks daarvan is ons in ’n resessie. “Jy…
