mark Cutifani, die uitvoerende hoof van Anglo American, het gesê Chris Griffith, sy eweknie by Anglo American Platinum (Amplats) ’n genoteerde Anglo-filiaal wat 80% besit word, is “vol ywer” om nuwe moontlikhede te ondersoek in Zimbabwe, wat onlangs sy deure vir beleggings oopgemaak het.
Maar miskien is die begeerte effens gedemp.
Cutifani en Impala Platinum se uitvoerende hoof, Nico Muller, is omsigtig oor hoe ’n nuwe president in Zimbabwe werklik beleid jeens buitelandse belegging kan verander. Die aanvanklike euforie na die omverwerping van die voormalige diktator, Robert Mugabe, is vervang deur waaksaamheid in die markte, veral die mynmaatskappye wat dit alles reeds deurgemaak het.
“In die geval van Zimbabwe, is dit nog ietwat te vroeg,” het Cutifani in Februarie tydens die aankondiging van die groep se resultate vir die volle…
