Die farmaseutiese groep Aspen, wat hom onlangs die gramskap van reguleerders in Italië en die Europese Unie op die hals gehaal het oor die pryse van sy kankermiddels, verwag om in die volgende 12 maande verdere verkrygings aan te kondig, met ’n fokus op ontwikkelende markte, het Stephen Saad, uitvoerende hoof, op 30 Junie in ’n onderhoud met Bloomberg gesê.
Aspen het meer finansiële beweegruimte noudat sterk inkomstegroei en laer kapitaaluitgawes sy balansstaat weer versterk het ná twee verkrygings in 2016. Die aankoop van GlaxoSmithKline en AstraZeneca se portefeuljes vir narkosemiddels vir minstens $885 miljoen het Aspen se leningskuld teen einde Desember laat verdriedubbel tot R35,7 miljard, berig Bloomberg. Saad meen organiese groei in al die maatskappy se bedrywighede behoort dié syfer af te bring. Hy is vol vertroue dat…
