By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.
KONTAK MY BY terena@ideasfactory.co.za instagram.com/terenaleroux Ons sit by die ‘bar’ onder in die hoofstraat en ook enigste straat wat deur die pragtige ou Italiaanse dorpie loop. Net om dit duidelik te stel - hier is ‘n bar‘n koffiewinkel waarheen almal soggens gaan vir ontbyt, van twaalfuur af vir ‘n aperitivo, en saans raak dit meer soos ‘n regte kroeg soos wat ons dit ken. Hier kom jou drankie nie sonder iets om te eet nie en dis nie net ‘n paar verlore olywe nie. Die bymekaarkomslag vandag was vir ontbyt, maar ons het ‘n bietjie laat begin en langer rondgesit en toe die kerkklok aankondig dis twaalfuur, was dit soos die spreekwoordelike vliegtuig wat oor is en ons bestel opsluit ‘n prosecco en dus ook die gepaardgaande bord versnaperinge. Met…
SKONE SOFISTIKASIE (VORIGE BLADSY) Hierdie eenvoudige Kersdekorskema met ‘n eklektiese mengsel van vintage meubels en sober maar tog verleidelike tafeldekor met hope fyn groenigheid is lieflik lig en helder. Al wat kort, is feestelike heildronke en gaste wat vrolik en vol vreugde is! Die kraakwit skakerings sorg vir ‘n gevoel van suiwer vrede, die meubels bring warmte en nostalgie, en die menigte vars groengoed herinner ‘n mens dit is die seisoen van harmonie en groei. Die geheim om hierdie kalm dekorskema feestelik en oorvloedig te laat voel is om groenigheid by te voeg waar jy ook al kan: Hang kranse aan die stoele en teen die mure en gebruik gevlegte takkies as dekor op die tafel… meer is meer! Sorg vir ‘n gemaklike, informele gevoel aan die tafel deur bonkige…
LIEFLIKE TAFEL Neem jou tyd en sorg dat die dek van die feestafel ‘n liefdestaak op sigself is. Begin met melkwit breekware, vintage eetgerei wat subtiel skitter en natuurlik hope en hope kerse en jy's halfpad daar. ❁ As dit by breekware kom, is rustiek jou beste keuse: Al die keramiekware op die foto is van Mervyn Gers (mervyngers.com). Wonki Ware (wonkiware.com) en Zara Home (zarahome.com) het soortgelyke stukke. ❁ Dit is die ideale geleentheid om die vintage silwereetgerei wat jy by jou ouma geërf het uit te haal. (Jy kan natuurlik ook altyd onpaar messe, vurke en lepels gebruik wat jy by jou plaaslike vintagewinkel of aanlyn opspoor.) Vra die kinders om jou te help om die silwerware blink te vryf – dis ‘n eenvoudige taak wat baie pret…
ANDERSTE KALENDER (blaai om vir die aanwysings) KERSFEES-KOEPEL ‘n Groepering van blare en saadpeule wat gespuitverf is, word ‘n boeiende stillewe as jy dit onder ‘n glaskoepel uitstal. ❁ Kyk by bloemiste- en vintagewinkels vir glaskoepels in verskillende groottes. ❁ Kombineer ‘n verskeidenheid elemente in verskillende groottes en vorms - maar alles in wit - om ‘n mooi tentoonstelling te skep. Kartonsterre, -bome en -sneeuvlokkies wat by die Kerstema pas, sal ookgoed werk. ❁ Jy kan die klein uitstalling onder die glaskoepel so gereeld as wat jy wil verander, of ekstra elemente byvoeg, soos ‘n string Kersliggies wat met batterye werk. ANDERSTE KALENDER Tel die dae af tot 25 Desember met ‘n baie spesiale spierwit handgemaakte Adventkalender. ❁ Skep die dele van die kalender deur droë blare van verskillende vorms…
DOOPKLEUR-TAFELDOEK VAN PAPIER Ons het ons papiertafeldoek ‘n doopkleur-voorkoms gegee deur velle ongedrukte koerantpapier te spuit met ‘n verdunde oplossing van blou ink en water. Hang die nat papier oor ‘n wasgoedlyn om droog te word – maak seker die velle papier raak nie aan mekaar nie, anders sal dit aan mekaar vassit! Wag tot die papier droog is en gebruik dan jou naaimasjien om inrygsteke aan een lang sykant van elke vel papier te stik en dit in ‘n geplooide ‘romp’ te vorm. Las die stukke aan mekaar en plak dit met alkantkleeflint op ‘n ronde tafel. WENK: Koerantpapier is baie delikaat - maak seker jou naaimasjien is op sy stadigste stelling gestel. LIG: Gee ‘n vintage kandelaar ‘n nuwe voorkoms met kerse, delikate blomme, Kersversierings en linte. SKEP…
SLAAIKRANS MET GEROOKTE SALM Rangskik jou slaaibestanddele in die vorm van ‘n krans vir ‘n maklike maar indrukwekkende voorgereg, of sit dit só voor as deel van ‘n koue buffettafel. Genoeg vir: 4-6 as ‘n voorgereg Bereidingstyd: 30 minute ♥ 1 Engelse komkommer, gewas ♥ 2 ryp avokado's ♥ 10 ml suurlemoensap ♥ 60 g klein kruieslaaiblare ♥ 150g radyse, skoongemaak en in dun skyfies gesny ♥ 200 g gerookte salm- of forellinte ♥ 1 suurlemoen, in ringe gesny ♥ 160g frambose ♥ 100 g granaatpitte SUURLEMOEN-DIJON-SLAAISOUS ♥ 15 ml dijonmosterd ♥ 30 ml suurlemoensap ♥ 5 ml heuning ♥ 90 ml canola-olie ♥ 5 ml gerasperde suurlemoenskil ♥ snye korserige brood, om voor te sit SLAAISOUS Klits die mosterd, suurlemoensap en heuning saam om ‘n smeer te vorm. Klits…