By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.
Dis verstommend hoe dit die een dag nog heerlik warm is en as jy jou oë uitvee, is die koue met ons. En omdat die winter deesdae boonop 'n heel ander storie is, het ons gereken hierdie uitgawe se ‘ikigai’ (lees Martie se storie op bladsy 88) is om ons almal so 'n bietjie knusser en warmer te laat voel, soos 'n lekker stywe druk teen die onweer. Vandaar die totale koue skouer vir die ‘verbod’ op wit kosse, wat vir hierdie spannetjie die perfekte trooskos is. Elkeen het met sy of haar eie kosgunsteling vorendag gekom toe ons met die beplanning van die uitgawe bymekaargekom het, of 'n eie kosstorie, soos wat Elsa ook vertel in haar artikel op bladsy 48 oor die oumas wat so kook op sosiale…
Dit was 'n woelige dag in die hartjie van Kaapstad toe Sumien Brink, 'n voormalige tydskrifredakteur met 'n onfeilbare oog vir die potensiaal van ruimtes, Impala House met sy beskeie maar verleidelike pienk marmervoorportaal binnestap. Die hysbak het direk in die groot, oop ruimte oopgemaak en haar letterlik in haar spore gestuit. ‘Ek was uit die veld geslaan – ek het nie geweet 'n mens kry nog in die stad ruimtes met sulke proporsies nie,’ sê sy. Die gebou self het haar nie afgeskrik nie, en die interieurontwerper Etienne Hanekom het skaars 'n oog geknip, al sou die meeste van ons 'n myl ver gehardloop het! Etienne het eers verdelers van geriffelde Perspex geïnstalleer om twee slaapkamers te skep – 'n slim en bekostigbare manier om die ou kantoorruimte met…
OUD EN NUUT Die oorspronklike klipvloer, pragtige ou houtbalke en vensterluike verleen 'n ouwêreldse elegansie aan hierdie slaapkamer. Die luike hou nie net die son uit nie, maar dien ook as diefwering en sorg vir privaatheid. Die statige Franse-styl bed met sy mooi linne dra by tot die gevoel van tydlose elegansie. 'n Enkele ronde houttafeltjie word ingespan as bedkassie en die bedliggies bestaan uit oop ligte waarvan die koord oor houthake in die muur gehang is. Raam 'n paar swart-en-wit kunswerke in houtrame en skep jou eie klein galery teen een muur. Die res van die dekor kan eenvoudig wees om die fokus op die besonderse elemente te hou. PLAASVOORKOMS Hierdie slaapkamer wys hoe mooi twee enkelbedjies kan werk in 'n gastekamer. As jy nie sulke erfstukke het nie,…
SAMPIOENRISOTTO Hierdie romerige gunsteling- Italiaanse trooskos werk goed as hoofgereg of bykos. Die aftreksel moet stadig bygeroer word sodat die rys die stysel kan vrystel wat aan die gereg sy ryk, fluweelagtige tekstuur verleen. Genoeg vir: 4 Bereidingstyd: 20 minute Gaarmaaktyd: omtrent 45 minute ♥ 1,5 liter hoender- of groenteaftreksel van goeie gehalte ♥ 60 ml olyfolie, plus 'n bietjie ekstra om voor te sit ♥ 400 g gemengde sampioene, gesny ♥ 1 ui, fyngekap ♥ 2 knoffelhuisies, fyngedruk ♥ 375 ml arboriorys (of ander kortkorrelrisottorys) ♥ 125 ml droë witwyn (of gebruik ekstra aftreksel) ♥ 30 ml botter ♥ 125 ml gerasperde parmesaankaas ♥ 'n hand vol platblaarpietersielie, fyngekap 1 Verhit die aftreksel in 'n kastrol. Hou dit oor lae hitte warm op die stoof. 2 Gooi die helfte van die olyfolie…
MINI-BRÛLÉE-KAASKOEKE Maak: 16 individuele kaaskoekies Bereidingstyd: 30 minute, plus afkoeltyd Baktyd: 15 minute Oondtemperatuur: 180 ºC JY BENODIG ♥ muffinpan ♥ kolwyntjiekoppies (dié van silikoon werk baie goed) ♥ kombuisblaasvlam (of gebruik die oond se roosterelement) KORS ♥ 150 g spysverteringskoekies, fyngemaak ♥ 75 ml gesmelte botter VULSEL ♥ 2 bakkies (230 g elk) roomkaas ♥ 4 groot eiers, liggies geklits ♥ 5 ml vanieljegeursel ♥ 150 ml versiersuiker, gesif ♥ 125 ml suurroom ♥ 15 ml koekmeel BOLAAG ♥ 250 ml strooisuiker…
Êrens op 'n vragskip tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland is daar houer met 'n boksie styfgepak met my ma se handgeskrewe resepte. In haar mooi vooroor handskrif in ou verslete swart Croxley-notaboeke. Daar is ook resepte uitgeknip en ingeplak uit tydskrifte en koerante. Sy was 'n jong bruid van 19 toe my pa die beeldskone meisie van Boekenhoutfontein, 'n agterkleinkind van Paul Kruger, opgeraap het. Twee jaar later was ek daar. Nog vier kinders het gevolg. Sy self het haar ma op die ouderdom van sewe verloor. Sy moes haarself soveel leer, veral om vyf honger kinders en 'n reus van 'n man se mae vol te hou. Al daardie handgeskrewe resepte beskryf haar reis van 'n jong vrou sonder veel ervaring tot 'n baaskok wie se kinders en kleinkinders tot…