By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.
My grootste geskenk aan myself was my plekkie in Italië. Nie net omdat ek hier kan kom asemskep elke jaar nie, maar ook omdat hier soveel te leer is oor familie en samesyn. Verlede week het die hele dorpie gegons oor die komende festa op die plein. Die apteker se baba word gedoop en die hele dorpie is genooi om die oulike bambino te verwelkom. En was dit nou 'n partytjie! Die lang tafels was reggeskuif, die kos was baie en die wyn het gevloei terwyl hier 'n groepie gesing het en daar nog 'n klompie in 'n ketting om die tafels gedans het. Intussen is die baba in sy karretjie rondgestoot vir almal om hul goeie wense uit te spreek – eers deur sy glimlaggende nonno en toe sy…
dekor ‘Alles is so effens afgeleef - hier kort ‘n oor, daar 'n tjip. Soos wat oor tyd ook maar met ons liggame gebeur.' Dis nog vroegerig in die jaar toe ek die boodskap op my foon kry: Waarmee het jy jou kopstuk verlede jaar geverf? En daarmee bedoel Pieter die lap-kopstuk waarmee ek die vorige jaar op Instagram gespog het. Dis ook nie lank nie, toe begin ek hul handewerk sien. Jan wat nie nog sukkel met my laag-vir-laag-metode nie, hy lê die emaljeverf sommer lekker dik aan op die bank in die kombuisarea. Die ou ottomans word meer stelselmatig ligter, maar ek besluit dadelik – hierdie nuwe wit huis moet ons in Idees wys en verkieslik oor Kerstyd. Hulle stem in en die foto's hou aan kom, op…
handwerk SKEP DIE PRENTJIE Ons het wit as hoofkleur vir ons Kersfeestafel gebruik en tikkies goud en rooi hier en daar ingebring om 'n moderne en feestelike gevoel te skep. Ons tafeldoek is van papier in konsertinavoue en die voue is herhaal in die res van ons tafelversierings om 'n mooi geheelprentjie te vorm. Dek jou tafel met jou beste glas- en porseleinware en rond alles af met sagte kerslig. KERSBOOM Gebruik 'n A0-vel karton en sny dit in die lengte in die helfte met jou handwerkmes en staalliniaal. Heg die twee stroke karton met alkantkleeflint aan mekaar sodat jy een lang kartonstrook het. Vou die hele strook in konsertinavoue en plak die twee sykante met alkantkleeflint aan mekaar om 'n silinder te vorm. Gebruik jou handwerkpons en pons aan…
PAPIERKLOKKIES JY BENODIG ♥ klokkiepatroon op bladsy 35 ♥ mediumgewig- wit karton ♥ goue klokkies ♥ koord van jou keuse ♥ handwerkgom ♥ handwerkmes en snymat PAPIERENGELTJIES JY BENODIG ♥ papier van jou keuse ♥ houtkrale ♥ koord van jou keuse ♥ alkantkleeflint ♥ gomgeweer ♥ handwerkmes en snymat ♥ staalliniaal PAPIERSWANE Kopieer die swaanpatroon op bladsy hier langsaan in die verlangde grootte op gewone wit rekenaarpapier. Vou 'n A3-vel papier in die lengte in breë konsertinavoue volgens die breedte van jou swaanpatroon. Plak die swaanpatroon met maskeerband op die voorkant van die gevoude papier vas. Sny die swaansilhoeët uit die gevoude papier, maar maak seker dat jy nie die voue aan die kante lossny nie. Vou die papier oop en jy het 'n swaanfamilie.…
handwerk idees-klasse STILLEWE Volg ons monodrukstappe op bladsy 44 en druk 'n verskeidenheid klein blare in swart en wit op verskillende papiere om 'n stillewe op 'n notabord te skep. MONODRUKWERK JY BENODIG ♥ vars plantmateriaal soos blare en blomme ♥ pleksiglas-plaat ♥ kleurroller ♥ linodruk-ink in wit, swart en blou (bv. Gerstaecker Aqua-Linol of Schmincke Aqua by The Deckle Edge) ♥ verskeie soorte papier (waterverfpapier, drukkerspapier, karton, geskenkpapier of toebroodjiepapier – toets dit net) KUNSWERKE Gebruik pleks van portretrame 'n hanger met knippe om jou selfgedrukte kunswerke aan op te hang. MUUR-TABLO Wanneer jou werk vir Kersfees klaar is, maak iets moois vir die huis deur 'n verskeidenheid plantmateriaal op verskillende papiere te druk – soos swart op wit teksblaaie en wit op swart tekenpapier, gekombineer met vierkante swart-en-wit geruite…
kos & onthaal VOORGEREGTE PIEKELSALMBORD MET DILLE-PLAATKOEKIES Dis regtig maklik om self 'n stuk salm te pekel. Dit is 'n indrukwekkende voorgereg en 'n mens kom nogal ver met min. As jou tyd knap is, kan jy klaar gravlax of gerookte salm koop. Genoeg vir: 6-8 Bereidingstyd: 45 minute, plus pekeltyd Gaarmaaktyd: omtrent 30 minute ♥ 125 g (100 ml) growwe seesout ♥ 125 g (150 ml) witsuiker ♥ 5 ml fyngerasperde suurlemoenskil ♥ 125 ml vars dille, grofweg gekap ♥ 500 g baie vars salm, grate verwyder, maar behou die vel ♥ piekel-rooiuiskyfies, komkommerskyfies, kappertjiesaad, roketblare of ertjierankies en suurlemoenwiggies, om voor te sit DILLE-PLAATKOEKIES ♥ 220 g (400 ml) koekmeel ♥ 10 ml strooisuiker ♥ 15 ml bakpoeier ♥ 3 groot eiers ♥ 400 ml melk ♥ 90 ml gesmelte…