Kampplek 6 nie-afgebakende staanplekke op gras met koelte.
Ablusiegeriewe 3 badkamers elk met ’n stort, wasbak, toilet, spieël en ’n klein tafel. Die groter kombuis het ’n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, elektriese ketel, broodrooster, groot yskas, wasbakke en ’n wasmasjien; die kleiner een het opwasplek en ’n ketel.
Aankoms- en vertrektyd Nie vasgestel nie.
Kontak ✆ 083 469 5588 of 082 882 5059 🖰 rooifaan@gmail.com 🌐 krugerscamping.com
Naaste dorp Mashishing (Lydenburg) en Ohrigstad, albei 25 km.
Hoe lyk die pad? Teer tot by die afdraai en 200 m grondpad tot by die kamp.
GPS S24.920824 E30.534775
WAS ONS AL HIER? Nee.
WAT’S DIE NUUTSTE? Niks nuuts nie.…
