Wie woon hier?
Hannes Stander en DP Ferreira
WAAR Rheenendal, Suid-Kaap
GROOTTE 150 m² plus 45 m² stoepe
Die dorpie Rheenendal, halfpad tussen Knysna en Sedgefield, was jare terug ’n bosboustasie diep in die inheemse woude van die omgewing.
Hier woon en werk Hannes Stander, ’n tuinontwerper, en die blomkunstenaar DP Ferreira nou al tien jaar. Hul onderneming, Ecozest, het kliënte regoor die land.
Hul blyplek, wat uit 1827 dateer, was oorspronklik ’n houtkappershuis met mure van grondsooie en klei, op plekke tot 80 cm breed. Hoewel daar met die jare aangebou is, is dit knus en gesellig. “In die ou dae het mense net die nodigste vertrekke gebou – soos ’n nes vir die gesin. Die skaal van ons huis se vertrekke, met hul lae plafonne, omvou ’n mens…
