SOMMER SPIEKERIES
Die Dormer-ram Spiekeries het op 24 September ’n rekordprys van R510 000 op die 4x4 Dormer-veiling behaal. Die vorige rekord was R350 000. Die veiling is weens bek-en-klouseer aanlyn gehou, maar geregistreerde kopers kon vooraf die diere besigtig. Van links is mnre. Ian Grobbelaar, afslaer, Johnny Forbes sr. en Johnny Forbes jr., kopers, Dano van Zyl van Vleissentraal Bethlehem, en Johan Barnard, verkoper van Johanri Dormers. Vleissentraal Bethlehem het die veiling aangebied en SwiftVee het die aanlyn aanbieding behartig. Lees meer op bl. 19.
MISMOEDIGER
Die landbou-sakevertroue-indeks het in die derde kwartaal met 7 punte tot 53 gedaal. Die grootste bekommernisse bly hoër insetkoste, wrywing op uitvoermarkte, dieresiekteprobleme, stygende rentekoerse, geo-politieke risiko’s wat aanbodkettings ontwrig, en voortgesette swakhede in munisipale dienslewering. Die subindeks vir algemene ekonomiese toestande het…