‘Dit is baie hartseer dat boere dankbaar was om vanjaar 20% van hul normale waterkwota te kry.’
ME. RIENETTE COLESKY, bestuurder van die Gamtoosbesproeiingsraad, oor die jongste waterbeperkings in dié gebied. Bl. 16
‘Hoe kan die persoon wat al die appèlle moet oorweeg, reeds die projek se lof besing op ’n bekendstellingsvergadering?’
MNR. CHRISTO RHEEDERS, regsverteenwoordiger van Limpopo-boere, oor die twyfelagtige omstandighede waaronder omgewingsgoedkeuring vir die Musina Makhadospesiale ekonomiese sone toegestaan is. Bl. 14
‘Sommige dele, veral aan die Weskus en op Nelspoort naby Beaufort-Wes in die Karoo, kan ’n afname van tot 40% in reënval ervaar.’
DR. PETER JOHNSTON, klimaatwetenskaplike aan die Universiteit van Kaapstad, oor van die gevolge van klimaatsverandering in Suid-Afrika. Bl. 19
‘Suid-Afrikaanse melkboere word tans gemiddeld sowat R1,70 minder betaal as melkboere in die EU,…