R4 456,87
Plaasoudits vir vleis wat vir die kleinhandelgroep Woolworths bestem is, beloop vanaf 1 Januarie R3 875,54 per oudit sonder BTW, of R4 456,87 (BTW ingesluit). Dit is teenoor R1 356,01 vir plaasoudits vir ander gehalteversekeringsmerke, volgens die Suid-Afrikaan-se Vleisbedryfsmaatskappy (Samic) se nuutste tariewe wat in die Staatskoerant bekend gemaak is. Slagplaasgraderings beloop R5 365 per maand vir hoëdeursetplase en R3 414,35 vir laedeursetplase. — Samic/RPO
44,9m. kg
’n Geraamde 44,9 miljoen kilogram bevrore kosprodukte is deur die loop van verlede jaar deur Amerikaanse owerhede aan winkels onttrek weens salmonella- en listeriosebesmetting by groente wat in verskeie aanlegte van die kosvervaardiger- en -verwerker McCain verwerk is. Dié berekening is gemaak na aanleiding van ’n ondersoek van rekords wat met die onttrekkings verband hou. Dit sluit miljoene porsies kitskos, soos…