WEGHOLPERD
’n Bakkie, vyf motorfietse en ’n helikopter is ingespan om ‘n wegholperd by die afgelope Fauresmith-uithourit te soek. Die ruiter, Hendri van Wyk van Rouxville, het skaars 15 km voor dié 204 kmrit se eindstreep van sy 6-jarige Arabierkruising, Shadow, afgeval. Shadow het die Sandymount-natuurreservaat ingevaar. Hendri en Shadow was in daardie stadium sewende in die swaargewig-afdeling. Shadow is die volgende oggend opgespoor. Volgens die ritmeester, mnr. Sakkie Olivier, het verrigtinge andersins vlot verloop.Sien ook bl. 24.
VLEISVERWARRING
Omstrede nuwe invoerregulasies vir vleis wat uit veral die Namibiese vleisbedryf woedende reaksie ontlok het, is voorlopig teruggetrek ná samesprekings tussen die bedryf en die Suid-Afrikaanse Departement van Landbou, Bosbou en Visserye. Dr. Mpho Maya, verantwoordelike direkteur, het gesê die bedryf kan kommentaar lewer in ’n nuwe konsultasieproses. Daar word reeds…