ROYAL-SKOU SE BESTE
GlengowryBlackstoneSheawasvanjaardieRoyal-skouseopperste kampioenmelkkoei.Hierissysaammetmnr.ArnoTheronvandie Jerseystoetery Rubiconby Howick,KwaZulu-Natal. Theronhetookdie grootkampioen-Jerseykoeivertoon.
MIN HULP
Die Regering kon net aan sowat 80 000 boere droogtehulp verleen, sê mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye. Die R226 miljoen wat in die vorige boekjaar vir veevoer en water aan klein- en bestaansboere beskikbaar gestel is, is gebruik om hulp te verleen aan 3 418 boere in die Vrystaat, 8 300 in Kwa-Zulu-Natal, 22 524 in Limpopo, 10 670 in Mpumalanga, 21 383 in Noordwes, 2 108 in die Noord-Kaap, 1 150 in Gauteng, 8 025 in die Oos-Kaap en 885 in die Wes-Kaap. Aansoeke om hulp van R4,45 miljard is uit die nege provinsies ontvang.
MINDER MELK
Melkproduksie in Suid-Afrika bly vanjaar krimp ná verlede jaar se rekordgroei van 6,4%. Van Januarie tot…