jy moet omtrent in ’n grot bly om nie van vandag se tegnologiereuse (tegnoreuse) en hul triomftog op die aandelemarkte te weet nie. Apple, Amazon en kie het die Nasdaq, wat swaar belaai is met tegno-aandele, tot nuwe rekords gedryf. Terwyl ondernemings wêreldwyd nog sukkel om die juk van Covid-19 af te skud, lyk dit asof dié groot tegnomaatskappye immuun teen die pandemie se impak is.
“Ons het nou wel nie maatskappye op FAANG-skaal (Facebook, Apple, Amazon, Netflix en Google) nie, maar ons het innoverende tegno-entrepreneurs in die regte sektor om die aandag van private ekwiteitsmaatskappye, wat na verkrygings op soek is, te lok,” sê Andrew Bahlmann, uitvoerende hoof van Deal Leaders Africa, ’n boetiek-raadgewende firma.
“Ons sien ’n aptyt vir beleggings en lenings in en aan tegnologiemaatskappye. Die ondernemings…