om iets te doen aan Suid-Afrika se enorme werkloosheidsprobleem, het Scha van Niekerk en Ben Naude, direkteure van Uconomy, in 2015 genoop om werklose skoolverlaters te kry om in hul ouditeursfirma se agterkantoorte werk.
“Ons het besluit om ons op ongeskoolde arbeid toe te spits en het gereken dat mense sonderenige ervaring gretigeren meerdesperaat was om te leer as gegradueerdes,” sê Van Niekerk.
Ander groot maatskappye, waarvan Investec die eerste was, het gou gesien hoe suksesvol die inisiatief was en vir Uconomy gevra om vir hulle ook werklose jongmense te vind, op te lei en in diens te neem.
Sedertdien het die getal mense wat deurUconomy se werkskeppingsprogram gegaan het, van die aanvanklike vier tot meer as 4 500 mense aangegroei, terwyl die soort werk wat aangebied is, uitgebrei het…
