DIE GOEIE
Die graderingsagentskap, Fitch, het die nasionale, langtermyngraderings van die land se vyf grootste banke volgens bates (Standard Bank, Absa, Investec, Nedbank en FirstRand) tot “AA+ (zaf)” vanaf “AA (zaf)” verhoog en het ’n verbetering in kredietwaardigheid daarvoor aangevoer. Fitch het gesê die banke het beduidende ruimte om die heersende druk op die bedryfsomgewing in Suid-Afrika die hoof te bied. Fitch het die banke vroeër, aan die begin van die inperkingstyd in Maart 2020, tot “BB” afgegradeer en gesê hy verwag ’n negatiewe uitwerking van die koronavirusuitbraak op banke se bedryfsomgewing en belangrike finansiële maatstawwe.
DIE SLEGTE
Die Kaapse hooggeregshof het ’n voorlopige likwidasiebevel teen die Bitcoin-handelsmaatskappy, Mirror Trading International (MTI) bekragtig. Die maatskappy se stigter en uitvoerende hoof, Johann Steynberg, het na bewering in Desember verdwyn, terwyl hy…