mTN, die grootste plaaslik genoteerde selfoonoperateur volgens intekenare, het verhoogde diensverdienste en inkomste voor rente, belasting, waardevermindering en amortisasie (ebitda) virdie kwartaal geëindig 31 Maart aangekondig. Sy wêreldwye intekenaarbasis het met 6,6 miljoen tot 257,3 miljoen en sy ebitda-marge van 41,1% tot 43,2%, gegroei, luidens ’n aandelebeurs-aankondiging. “Die Covid-19-situasie verander voortdurend en sal ongetwyfeld die komende jaar beïnvloed,” het Rob Shuter, uitvoerende hoof van die groep, in die aankondiging gesê.
Vooruitsigte: In Maart vanjaar het MTN deurdie steun teen 6 905c per aandeel gebreek – en meer as 50% van sy waarde vir vanjaar op die JSE verloor – weens enorme verkope op die wêreldmark. Hy het op ’n laagtepunt van 2 625c beland, daar uitgehou en sedertdien ’n mate van sy verliese verhaal. MTN se aandeelprys het in die…
