Na verskeie kort landreis avonture in gehuurde voertuie, het Dave en Nicki Brown presies geweet wat hulle vir hul eie voertuig wou hê (en wat nie sou werk nie!). Na ‘n paar oorwegings het hulle uiteindelik in Julie 2020 hul 2015 Toyota Hilux – wat hulle Wanda gedoop het, as sinspeling op hul ingebore wanderlust – as ‘n gebruikte voertuig gekoop. Hulle het ‘n maatskappy gekry om te help met die ombouing en stadig maar seker het hul droom avontuur-vennoot begin vorm aanneem. Weens die Covid-19 pandemie was daar heelwat vertragings, maar Wanda is binne ongeveer ses maande tussen Januarie en Junie 2021 voltooi.
Die wysigings wat aangebring is, sluit ‘n Rival-voorbuffer met ‘n wen-as, lugsluit-ewenaars, onderstelbeskerming, ‘n 140-liter brandstoftenk, Gobi-rotsglyers, ‘n Alu-cab kappie en ‘n Front Runner-dubbeldakrak om die…