Vanjaar het talle Sjinese produkte die Suid-Afrikaanse mark betree en die jongste toevoeging, die Beijing X55, gaan beslis ‘n opskudding veroorsaak. Hierdie kompakte sportnutsvoertuig is ontwerp om die BAIChandelsmerk se status te verhoog in lande waar dit nie so bekend is nie en spog met al die nuutste tegnologie en luukses wat BAIC bied.
Volgens Hugo Hu, die vise-president van verkope en bemarking by BAIC Suid-Afrika, het die maatskappy baie belê in die ontwikkeling van intelligente motors onder ‘n nuwe handelsmerk, Beijing, wat ondersteun word deur samewerkingsooreenkomste met verskeie leiers in intelligente voertuigtegnologie. “Ons bring die beste beskikbare innovasie, ondersteun deur Daimler se tegnologie. Laasgenoemde is al vir jare lank ons hoofvennoot in Sjina en bedryf Mercedes-Benz-fabrieke in Beijing deur die gesamentlike onderneming, genaamd Beijing Benz Automotive.”
Wanneer jy die…