Vier-en-twintig… 24 uur in ‘n dag, 24 karaat in suiwer goud, 24 kleppe op die 1HD-VTE Land Cruiser-enjin, 24 biere in ‘n kas… en 24 uitgawes van Avontuur Afrika!
Maar hierdie mylpaal bring ons ook by die sogenaamde terrible two’s – of, in ons geval, selfs meer avontuur, meer bestemmings en lekker stories (want hoe kan enigiets wat jou uit jou gemaksone dwing ooit terrible wees?). Nou kyk, ek kan weer aangaan oor hoe ons hierdie mal perd, om ‘n tydskrif in die Covid-19 pandemie te publiseer, opgesaal het en hoe ons, met hoop en baie gebede, by 24 uitgawes uitgekom het. Maar hoekom sal ek jou wil verveel?
Die Avontuur Afrika-span het die afgelope twee jaar soveel avonture en hoogtepunte beleef, maar ons lesersavonture staan veral uit. Die Schuttes…