Verwelkom Avontuur Afrika, ‘n nuwe, opwindende en diverse platform wat beide Afrikaanse en Engelse drukweergawes insluit, asook ‘n sterk digitale platform vir kampeer- en landreisentoesiaste om saam te kuier en te gesels.
Vier-en-twintig… 24 uur in ‘n dag, 24 karaat in suiwer goud, 24 kleppe op die 1HD-VTE Land Cruiser-enjin, 24 biere in ‘n kas… en 24 uitgawes van Avontuur Afrika! Maar hierdie mylpaal bring ons ook by die sogenaamde terrible two’s – of, in ons geval, selfs meer avontuur, meer bestemmings en lekker stories (want hoe kan enigiets wat jou uit jou gemaksone dwing ooit terrible wees?). Nou kyk, ek kan weer aangaan oor hoe ons hierdie mal perd, om ‘n tydskrif in die Covid-19 pandemie te publiseer, opgesaal het en hoe ons, met hoop en baie gebede, by 24 uitgawes uitgekom het. Maar hoekom sal ek jou wil verveel? Die Avontuur Afrika-span het die afgelope twee jaar soveel avonture en hoogtepunte beleef, maar ons lesersavonture staan veral uit. Die Schuttes…
Briewe van ons lesers JC Nel skryf: Toe ek vroeër vanjaar ‘n telefoonoproep van Mary Willemse van Avontuur Afrika ontvang het om my mee te deel dat ek ‘n reis saam met Ultimate Adventures na Mana Poele in Zimbabwe gewen het nadat ek op die tydskrif ingeteken het, het ek effe getwyfel oor hoe waar dit was. Daar is immers baie kansvatters daar buite en aangesien ek reeds presies dieselfde toer saam met die Steadmans van Ultimate Adventures bespreek het, het ek gedink daar is ‘n slang in die gras… Daardie oproep en epos is egter opgevolg deur ‘n baie professionele reisplan en finalisering van ons bespreking deur Simon Steadman van Ultimate Adventures. Daarna het ek begin ontspan en myself verlustig in die feit dat ek – vir die eerste…
Daar is min dinge in die lewe wat kan meeding met ‘n vars koppie boeretroos terwyl jy uittuur oor ons kontinent se pragtige landskappe en natuurskoon. Met Protea Coffee is die aroma en smaak van die koffiewinkel nou haalbaar, selfs in die boendoes. Hierdie innoverende fynproewerskoffie is beskikbaar in espresso-, premium-en ontbytmengsels. Daar is ook nou ‘n kafeïen-vrye opsie beskikbaar. Met elke uitgawe, gee ons ‘n geskenkpak gevul met Protealekkernye ter waarde van R500 weg vir lesersbydraes (dit kan stories, briewe, of vrae wees). *Vir meer inligting: www.proteacoffee.co.za *Hierdie maand se wenners is Kevin Krummeck en sy vrou, Donna, wat hul ongelooflike landreis met ons deel op bladsy 24. Stuur jou bydrae na info@4x4afrika.com…
Die Ford Wildlife Foundation (FWF) het een van BirdLife South Africa se gesogte Uiltoekennings, ter erkenning van sy pogings om ‘n bewustheid van voëls en voëlkyk te bevorder, asook sy bydraes tot die bewaring van Suid-Afrika se voëllewe, ontvang. Oor die afgelope vyf jaar het FWF bygedra tot BirdLife South Africa se pogings om verskeie bedreigde voëlspesies in die grasvelde van die Oos-Vrystaat te bewaar. Vir dié doel is BirdLife South Africa van twee Rangers voorsien, een ter ondersteuning van hul Important Bird and Biodiversity Areas Programme en die ander een vir die span om in voëlbewaringsaktiwiteite te gebruik. “Ons besef terdeë hoe belangrik hierdie projekte is en deur Ford Rangers beskikbaar te stel, poog ons om ‘n positiewe bydrae te lewer om sukses te verseker,” het Lynda du Plessis,…
Die Gondwana Privaat Wildreservaat se gewilde Eco Camp het onlangs weer heropen. Dit sal dieselfde unieke en praktiese off-the-grid safari-ervaring as voorheen bied. ‘n Drie-of vyfdag bespreking, wat slegs op ‘n Maandag begin, is egter nie meer ‘n vereiste nie. Dit beteken dat gaste op enige dag van die week kan arriveer om in die natuur te ontspan en herlaai. Hierdie gewilde privaat reservaat is in die asemrowende natuurskoon van die Wes-Kaap geleë en die Eco Camp is in die reservaat se fynbos-versierde landskap versteek. Gaste sal nie net ‘n unieke safari-ervaring geniet nie, maar hulle sal ook hul moue kan oprol en en by die reservaat se bewaringswerk betrokke kan raak, deur te help om belangrike data in te samel wat die reservaat se bestuursplan sal beïnvloed. Aktiwiteite waaruit…
Niemand kan stry dat Suzuki se Jimny die liefling van baie veldry-entoesiaste en landreisigers geword het nie, heelwaarskynlik vanweë sy kanniedood vermoëns, bekostigbaarheid en astrante stilering. As jy ‘n Jimny besit (of bloot ‘n aanhanger is), haal jou dagboek en ‘n rooi pen uit, want jy sal nie die grootste Suzuki Jimny-byeenkoms in die suidelike halfrond – en moontlik die wêreld – wil mis nie. Die Jimny Safari Town Festival en Jimny Gathering, wat vir 22 tot 24 September 2023 geskeduleer is, sal honderde (indien nie duisende) Jimny-eienaars en aanhangers byeenbring om ‘n rekord op te stel vir die grootste aantal Jimnys op een terrein. Die geleentheid word in Clarens in die Oos-Vrystaat aangebied. Dié dorpie is nie net vir sy skoonheid gekies nie, maar ook vir sy toeganklikheid vanaf…