Brandkop, Nieuwoudtville
Brandkop is bekend vir sy jaarlikse bergfiets-en roete-drafkompetisie, asook die restaurant, kampgeriewe en kothuise op die aangrensende plaas van Pieter en Elizna Louw. Brandkop self was vroeër ‘n klein nedersetting, maar het verdwyn en die huise is verlate gelaat. Dit is eens tydens die verfilming van die 90’s TV-reeks, Die Manakwalanners, gebruik.
www.nieuwoudtville.com
The Cabin, Doringbaai
Doringbaai is weer in die nuus danksy die opknapping van The Cabin-restaurant, wat die sjef, Bertus Basson, in die TVprogram In die Sop onderneem het. Die gehuggie het ‘n verbasende aantal eet-opsies, met The Cabin en Fryer’s Cove se jetty-bistro wat sonder twyfel die botoon voer met heerlike kos en manjifieke seeuitsigte. The Cabin bied ‘n klein verskeidenheid standaardopsies sowel as sy “fees”-spyskaart. Besprekings vir laasgenoemde word vereis, met twee dae kennis.…