Verwelkom Avontuur Afrika, ‘n nuwe, opwindende en diverse platform wat beide Afrikaanse en Engelse drukweergawes insluit, asook ‘n sterk digitale platform vir kampeer- en landreisentoesiaste om saam te kuier en te gesels.
“Die herhalende patroon van kom en gaan of afname en vernuwing.” Ek hou nogal van hierdie idioom, wat na lewe as water verwys. Die hoofgedagte is dat dinge opgaan en dinge daal en voortdurend verander, soos ‘n rivier se eb en vloed. Eb beteken dat die water wegbeweeg van die land af en vloed beteken dat die water styg of land toe vloei. Hierdie uitdrukking is ‘n goeie beskrywing van die huidige fase in die bos. Wat ‘n voorreg om die eb en vloed van die natuur vanuit die voorste sitplek van die betroubare Land Cruiser – wat as’t ware my kantoor is – te kan aanskou. Om dit te deel met mense wat net so passievol soos ek is, is ‘n besliste vloed! En daar is geen beter plek…
Briewe van ons lesers Alexander S Lambert skryf: Toe ek Wayne Jacobs se brief met betrekking tot die toestand van die Pilanesberg Natuurreservaat in Uitgawe 21 opmerk, het ek dit oorweeg om sommer dadelik aan julle te skryf. Aangesien ek egter reeds vyf dae in Pilanesberg tydens Augustus bespreek het, het ek besluit om so ‘n bietjie aan te hang. Louis Krouwkamp se brief in Uitgawe 22 het Wayne se sentimente weerspieël, alhoewel hy meer frustrasie met die Golden Leopards Bakgatla-kompleks ervaar het. Aangesien ek ‘n tyddeel daar het en beplan om dit in Oktober te besoek, kan ek nie nou veel daaroor sê nie – ons sal maar wag en sien hoe dinge daar lyk! Wat die Pilanesberg Nasionale Park betref, was my vyf dae daar uitstekend en vir…
Hibriede Suzuki Grand Vitara op pad na Suid-Afrika As jy een van die duisende plaaslike aanhangers van die Suzuki-handelsmerk is, spits jou ore! ‘n Splinternuwe Grand Vitara sal in die eerste kwartaal van 2023 in Suid-Afrika bekendgestel word. En asof daardie nuus nie genoeg is om jou opgewonde te maak nie, is dit onthul dat dit ook as ‘n hibried beskikbaar sal wees. As die juweel in Suzuki se model-kroon sal die Grand Vitara met 'n magdom nuwe tegnologië en ‘n nuwe vlak van luukse aan kopers beskikbaar wees. Onder sy vele nuwe en toonaangewende kenmerke is Smart Hybrid Vehicle by Suzuki (SHVS) tegnologie, asook Suzuki se AllGrip Select vierwielaandrywingstelsel. Hibriede doeltreffendheid SHVS bevat ‘n geïntegreerde opwekker vir die aansitter wat die konvensionele alternator vervang en ontwerp is om bykomende…
Vryheid, avontuur en egtheid bly die kernkonsepte van Jeep se identiteit. Dit blyk duidelik uit die ontwerp van die nuutste Grand Cherokee L, wat inspirasie uit Jeep se eerste groot SNV-aanbieding, die Wagoneer Limited, put. Die syprofiel verklap veral die ooreenkoms met sy voorganger. Die voorkant is uiters aantreklik. Die eerste ding wat jy opmerk, is die sewe-lat-sierrooster, ‘n kenmerk van alle Jeeps sedert die Universal CJ 2A, beter bekend as die universele Jeep. Danksy skerp en aggressiewe lyne het die voorkant dan ook ‘n utilitaristiese gevoel. Die nuweling is die eerste Grand Cherokee met ‘n derde ry sitplekke, wat dit óf ‘n sewesitplek óf ‘n sessitplek maak, afhangend van spesifikasie. Dit beteken dat die nuweling groter as sy voorgangers is. Die asafstand het van 2 915mm tot 3 091mm…
Die Kia Sportage het ‘n lang pad gestap sedert dit die eerste keer in die laat 1990’s verskyn het. Dit was in wese een van die eerste sportnutsvoertuie wat op die mark beskikbaar was en het kort voor lank die handelsmerk se gewildste model geword. Nou is die vyfde geslag van hierdie markgunsteling plaaslik bekendgestel en dit stel al weer nuwe standaarde. Aantreklike ontwerp Van voor gesien, sluit treffende kenmerke Kia se kenmerkende Tiger Nose-sierrooster, boemerangvormige LED-dagryligte en matriks-LED-hoofligte in. Die syprofiel is ewe treffend, danksy sterk lyne wat oor die skoon maar verfynde bakwerk sny. ‘n Chroomgordellyn strek na die agterkant van die voertuig en beklemtoon die nuwe model se sportiewe karakter. Aan die agterkant word die treffende agterligte deur ‘n skraal horisontale ontwerp-element verbind, wat die Sportage ‘n…
In die skadu Die Ostrich Wing van Big Country 4x4 is een van die gewildste sonskerm afdakke op die Suid-Afrikaanse mark. Ongelukkig maak die 2.55m lange rugplaat dit te groot vir die daklyn van sommige van hierdie land se gunsteling voertuie, soos die Suzuki Jimny. Goeie nuus is dat Big Country 4x4 die Ostrich Wing Junior Awning bied, met ‘n rugplaat van 2m, wat dit die ideale oplossing vir kleiner sportnutsvoertuie maak. Die Junior is gemaak van 320gsm skeurbestande seildoek en word deur verskeie aluminium rame ondersteun. Hierdie produk sal jou in minder as 30 sekondes van 7m² skaduwee voorsien. Dit neem slegs een persoon om dit oop te maak en kan ook sonder steunpale gebruik word. Die aluminium rame is uit doelgemaakte ekstrusies gebou, ontwerp as ‘n stut en…