As jy aan Land Rover dink, sien jy waarskynlik vir Kingsley Holsgate op ekspedisie deur diep, donker Afrika of ander landelike dele van die wêreld in jou geestesoog. Wel, hierdie spesifieke weergawe van die Land Rover Defender is soortgelyk, behalwe dat hierdie Kingsley sy baard by ‘n salon laat skeer, net Gucci dra, in Sandton woon en baie tyd in in die gimnasium spandeer… Want dit is nie jou konvensionele, stylvolle, maar praktiese Land Rover Defender nie. Hierdie is die groot meneer – die R2.5-miljoen, 5.0-liter-aangejaagde V8-weergawe.
Hallo mooi ding!
Toe ek in die Defender V8 klim, het ek dadelik – soos die Engelsman sou sê – “proper” gevoel. Die nuwe generasie Defender was sedert sy wêreldwye bekendstelling in 2019 vir my ‘n aantreklike voertuig en die V8 het steeds…