Verwelkom Avontuur Afrika, ‘n nuwe, opwindende en diverse platform wat beide Afrikaanse en Engelse drukweergawes insluit, asook ‘n sterk digitale platform vir kampeer- en landreisentoesiaste om saam te kuier en te gesels.
Waar begin ek? Watter woorde gebruik ek? Wanneer is die regte tyd om pen op papier te sit? Hoe dra ek die gevoelens wat ek ervaar het oor? Hoekom is dit belangrik om dit te deel? Hierdie is die laatnag gedagtes wat by my spook wanneer ek die herinneringe wat vir ewig in my siel ingeprent is, herdink na ‘n epiese werksiklus by die lodge waar ek tans as gids werk (Elephant Plains in die Sabi Sands Natuurreservaat). Omdat hierdie reservaat deel van die Groter Kruger vorm en ‘n onomheinde grens met die Nasionale Krugerwildtuin deel, weet jy nooit wat op jou kan wag wanneer jy die tweespoorpaadjies vat nie. Ek het my eerste jaar in die Groter Kruger gebied aan die verkenning van die omgewing spandeer – die ontdekking…
Briewe van ons lesers Dr Martin Briggs skryf: Ek het julle Uitgawe 21 (Julie/Augustus 2022) baie geniet en twee artikels het veral my aandag getrek: ‘Rem vir voëls’, deur BirdLife South Africa se Andy Wassung en ‘Leeu-plesier in die wilde Kalahari’, deur Bernie Williams. Omdat ek ‘n ywerige voëlkyker is, het ek al ‘n paar van die voëls waaroor Andy in sy artikel skryf, teëgekom. Die foto van die Saalbek-ooievaars (briljant deur Marette Bennet gefotografeer) het herinneringe van ons waarneming van hierdie spesiale spesie tydens ons reis na Xakanaga, in die Moremi Nasionale Park in Botswana, gedurende Mei 2015 opgewek. Ons was ook gelukkig genoeg om die Geelbek-ooievaar (Mycteria ibis), by Third Bridge in die Moremi Natuurreservaat gewaar; asook die Suidelike Geelbekneushoringvoël, Tockus leucomelas, met ‘n sprinkaan in sy bek…
ADVENTURE BACTRAX BOSKRIEK BUSHLAPA CARACAMP COASTLINE CUSTOM ECHO EXCLUSIVE GYPSEY JAG (BOSVELD) COOT MAMMOTH OKAPI PANTHER RAPIER ROETE SAND(PAD) SKIPPER STORM TENTCO TRAILVAN VUUR (KAMP) AFRISPOOR BADGER BUSHNEST CARAVETTE COMFYCAMP EXPLORER IMAGINE JAGUAR LEISURE MISKRUIER OKTO RASCAL ROMANY SCAMP SOLAR TRANSFORMER WATER AHA (SLIDE ON) BAOBAB BUSHWAKKA CARNIVAL COMMANDER DESTINATION BRU EXPO EXTREME IMPI JURGENS MOBILODGE ORYX PINNACLE SCHONGOLOLLA SPLASH SURFER TINY UEV BIRD WEEKENDER ANEE BAUER CAMPMASTER CHALLENGER COMPANION DISCOVERER (BUL) GECKO INFANTA MUSKETEER OVERLANDER PZAZZ SCOUT SPORT SWIFT VEE WIEL ARMADILLO BORDER(X) CHEETAH CONQUERER DUINE(RY) ENSUITE GRAVELLOR INFINITY MAIA NOMAD PAD (GROND) QUANTUM REGAL SAHARA SENATA SPRITE SWING TOPAZ (x2) VENTER WILD(KAMP) AVANTE BOS(KAMP) BUSHBABY CLASSIQUE CONTINETAL DUO EVO GT (CAMPER) INVADER MAJOR NYELA PALMA QUATTRO RHINO(MAN) SALUTE SENSATION STEALTH TEARDROP TOURER VOGUE WILK…
Hyundai Suid-Afrika het sy verteenwoordiging in die hoogs mededingende plaaslike marksegment vir kompakte oorkruisvoertuie vergroot met die bekendstelling van die nuwe Creta. Dié nuweling spog met ‘n aantreklike nuwe voorkoms, ‘n lang lys standaardtoerusting en uitstaande riteienskappe. Die nuwe Creta-reeks bestaan uit drie modelle met twee verskillende spesifikasievlakke, naamlik Premium en Executive. ‘n Atmosferiese petroleenheid van 1.5-liter is die enigste enjinopsie en word met ‘n handratkas of ‘n sogenaamde Intelligent Variable Transmission (IVT) gekombineer. Een van die opvallendste kenmerke van die nuwe Creta is sonder twyfel die parametriese juweelpatroon sierrooster, met die hoofligte (halogeen vir die Premium-modelle en LED vir die Executive-modelle) onder sy buiterand. Die ontwerp van die agterkant is ook nuut, en die Creta-naam verskyn in vet chroomletters onder die maatskappy se logo. Van die kant gesien, sluit…
JAC Motors se T6-bakkie het sy plaaslike verskyning in 2018 gemaak. Destyds was net een model – met ‘n 1.9-liter dieselenjin – beskikbaar. In reaksie op terugvoer van hul klante en veranderende markvereistes is die T6 2.0-liter VVT petrol dubbelkajuit 4x2 Lux nou by die reeks gevoeg. Die T6 het ‘n reputasie as ‘n robuuste en veelsydige voertuig, met goeie bestuurdergerief, gevorderde tegnologie en ‘n omvattende lys standaardtoerusting. Danksy suinige brandstofverbruik en lae onderhoudskoste verteenwoordig die nuwe petrolenjin groot waarde vir geld in ‘n dubbelkajuitbakkie. Die 1 997cc VVT 4-silinder petrolenjin ontwikkel 108kW teen 6 000rpm en 190Nm se wringkrag tussen 3 000 en 4 500rpm. Die Euro V-kragbron is gekoppel aan 'n vyfgang-handratkas. ’n Lae wringkragkurwe beteken vroeër en minder ratwisseling, wat weer lei tot brandstofverbruik van 10 liter/100km.…
Die Goodyear Tire & Rubber Company is nie tevrede daarmee om bloot een van die top bandvervaardigers op ons planeet te wees nie, maar het sy visier op die maan gerig. Die maatskappy het noodsaaklike produkte vir NASA se Apollo-program, insluitend die Apollo 11-sending wat meer as 50 jaar gelede op die maan geland het, verskaf en het nou by Lockheed Martin aangesluit in die ontwikkeling van ‘n maan-mobiliteitsvoertuig. Die twee maatskappye beoog om die eerste te wees wat ‘n handelsvoertuig vir gebruik op die maan ontwikkel. Goodyear maak gebruik van sy bestaande gevorderde luglose bandtegnologie om maan-mobiliteit te bevorder en die uitdagende toestande op die maan te weerstaan. Die maatskappye pas reeds bestaande kundigheid op die projek toe. “Alles wat ons leer uit die ontwikkeling van bande vir die…