Kia het sy gewilde Sonet-reeks met die bekendstelling van twee nuwe 1.0 T-GDi turbo-aangejaagde modelle uitgebrei. Die nuwe Sonet 1.0 T-GDi is toegerus met Kia se gevorderde 1.0-liter, 3-silinder turbo-petrolenjin gekoppel aan ‘n sewegang dubbelkoppelaar outomatiese ratkas (7DCT). Hierdie nuwe enjin in die plaaslike Kia-stal spog met uitsette van 88kW teen 6 000rpm en 172Nm wringkrag tussen 1 500 en 4 000rpm. Dit is beskikbaar in die middelvlak EX, sowel as in die vlagskip Sonet-model, die EX+.
Tipies Kia spog albei met heelwat standaardtoerusting. Die EX het ‘n 8-duim HD-raakskerm inligting- en vermaakstelsel met draadlose Apple CarPlay en Android Auto, Bluetooth met stembeheer, hoogteverstelling vir die bestuurdersitplek, ‘n trukamera en parkeerafstandbeheer, ‘n netjiese leerafwerking vir beide die stuurwiel en ratskakelaar, kunsleer/materiaalkombinasie sitplekafwerking, elektroniese stabiliteitsbeheer en ABS met elektroniese remkragverspreiding. Dubbele…