Volkswagen het sy plaaslike SNV-reeks uitgebrei met die bekendstelling van die Taigo, wat tussen die T-Cross en die T-Roc in Volkswagen se T-SNV-modelreeks inpas. Daar is nou ses voertuie in die T-SNV-reeks, naamlik die T-Cross, Taigo, T-Roc, Tiguan, Tiguan Allspace en die Touareg. Daar is drie Taigo-modelle, almal met dieselfde enjin en ratkas, maar met verskillende spesifikasievlakke.
Die Taigo is baie aantreklik en ontwerp-hoogtepunte sluit ‘n geïndividualiseerde voorkant met netjiese chroom-afwerkings projeksieligte in die buitespieëls en en elegante swart dakrelings in. Standaardkenmerke van die intreevlak Taigo Life 1.0 TSI 85kW DSG sluit LED-hoofligte en -agterligte, ‘n 6.5-duim-inligting-en vermaakstelsel, App-Connect, We Connect Go, middelste armleuning voor met ‘n USB-C-koppelvlak, multifunksionele leerstuurwiel, elektriese opvoubare buitespieëls met verwarmingsfunksie en 16-duim allooiwiele in.
Een stappie op is die Taigo Style 1.0 TSI 85kW DSG.…