Hierdie verhuringsmaatskappy vir kampeer-en buitelugtoerusting, gebaseer in Kaapstad en Johannesburg, word gedryf deur ‘n passie vir die buitelewe en kampeer, wat jou onmiddellike toegang tot die beste gehalte kampeer-en 4x4-toerusting en bykomstighede gee. Dit sluit tente, kantafdakke, kappies, yskaste, herwinningsstelle, batterye, kombuistoerusting en meer in, om voorsiening te maak vir elke soort kampeerder en avonturier.
Huur is ‘n bekostigbare alternatief vir ‘n leefstyl wat redelike diep sakke vereis. Gaan loer gerus in en sê vir hulle Calvin het jou gestuur (nie regtig nie, maar jy kan!). O, en die beste deel? As jy nie super handig is nie of doodeenvoudig te besig is, sorg die span vir al die swaar take – soos die installering en verwydering – in die tyd wat dit jou neem om ‘n cappuccino te geniet.…
