Verwelkom Avontuur Afrika, ‘n nuwe, opwindende en diverse platform wat beide Afrikaanse en Engelse drukweergawes insluit, asook ‘n sterk digitale platform vir kampeer- en landreisentoesiaste om saam te kuier en te gesels.
As eienaars van hierdie tydskrif kry ons selde die geleentheid om ‘n redakteursnota te skryf, so om hierdie een te kan doen is nogal spesiaal vir ons. Ons het dit tot uitgawe 18 gemaak, al het baie mense ons nie ‘n kans gegee toe ons begin het nie! As hierdie projek ‘n kind was (wat dit in wese vir ons is), sou dit ‘n massiewe jaar vir hom of haar gewees het. ‘n Jaar gevul met keuses, nuwe verantwoordelikhede en genoeg geleentheid om ‘n plekkie in die wêreld uit te kerf. Dit is die jaar waarin daar moontlik ‘n eerste motor wink, die jaar waarin hy of sy ‘n rybewys sal kry… O, die vryheid wat in moontlikheid lê! En dit is presies waar die Avontuur Afrika-span is – vol…
BREINKRAG Soek die volgende avontuur, kamp en piekniek terme in die blokraai. Woorde kan horisontaal, vertikaal of diagonaal en in enige rigting wees. Kappies en deeltekens word nie gebruik nie. *Woorde of woorddele in hakkies is ter verduideliking of maak deel uit van woorde. Ontmoet die span Liana Reiners, Redakteur Gunsteling toebehore: Ek neem aan dat my sonbril nie in hierdie geval die gepaste antwoord sal wees nie? Op ‘n ernstige noot, ek en my man oorweeg dit om ‘n veldrywa aan te skaf. Dit is soveel minder moeite as om ‘n tent op te slaan, ‘n kombuisarea te prakseer en die kampplek georden te kry voordat jy kan ontspan. Teen volgende jaar sal ons kinders uit die huis wees en ‘n veldwa sal ongetwyfeld vir ons baie meer vryheid…
Nuwe bussie van Opel Die nuutste Opel Zafira Life veeldoelige voertuig (oftewel MPV) is nou in Suid-Afrika beskikbaar en kom in óf ‘n sewe-óf agtsitplek-opsie. Die Zafira Life Edition bied agt veelsydige materiaal sitplekke, terwyl die Zafira Life Edition spog met leersitplekke en ‘n meer luukse kajuit. In die Lifemodel bevat die tweede en derde sitplekrye elk drie volgrootte sitplekke op relings, met individuele veiligheidsgordels vir elk. Die Life Elegance-model kom met slegs sewe sitplekke – twee daarvan met gerieflike armleunings en ‘n skuifbare opvoutafeltjie in die middel. Die Zafira Life-modelle is toegerus met skuifdeure en die Elegance-model met elektriese handvrye skuifdeurweergawes wat die bestuurder toelaat om die deure met afstandbeheer oop of toe te maak. Albei opsies is toegerus met halogeenkopligte, voorste misligte en outomatiese hoofligfunksie. Die outomatiese hoë-straal…
Die verhaal van Isuzu in Suid-Afrika het in die vroeë 1970’s met die bekendstelling van die Chevrolet Light Utility Vehicle (LUV) begin. Ingevoer uit Japan, was dit in wese Isuzu se eerste voertuigaanbieding en te danke aan die handelsmerk se onmiddellike sukses – veral binne die boeregemeenskap – het plaaslike produksie in 1972 by die Kempston Road-aanleg in die destydse Port Elizabeth (nou Gqeberha) begin. Teen 1973 het Isuzu Trucks die Suid-Afrikaanse mark betree. Die eerste KB, wat uniek is aan die Suid-Afrikaanse mark, is in 1979 bekendgestel. Dit was in wese ‘n opdatering van die LUV, maar vir die eerste keer het dit die Isuzu embleem gedra. Teen die volgende jaar het ons die bekendstelling van die KB40 gesien, die eerste petrol-en dieselaangedrewe viertrek Isuzu-bakkie vanuit Japan. Teen die…
Suid-Afrikaners is gek oor hul bakkies en die ligte kommersiële voertuig (LCV) segment is die gewildste in die Suid-Afrikaanse motorlandskap, met meer as 10 000 nuwe bakkies wat maandeliks verkoop word. Ons kyk na van die toppresteerders in terme van verkope. Toyota Hilux Die Toyota Hilux is nie net die gewildste voertuig in hierdie segment nie, maar dra ook die kroon as algehele topverkoper in Suid Afrika. Die huidige GD-6 is in 2020 opgedateer om die voorkoms vars te hou, maar het ook ‘n sterker enjin gekry. Die formidabele GD-6 2.8-liter turbodiesel lewer nou 150kW krag en 500Nm wringkrag. Alternatiewelik, bied die 2.4-liter GD-6 110kW krag en 400Nm wringkrag. Die huidige generasie mag dalk al effe verouderd voorkom, maar dit bly maand na maand die topverkoper. Pryse vir die dubbelkajuit…
Ry verder met jou Jimny Dit is geen geheim dat die Suzuki Jimny ‘n gedugte veldryer en ‘n uiters bekwame, bekostigbare landreisvoertuig is nie. Dit ontbreek egter ‘n paar belangrike elemente met betrekking tot landreise en ‘n groot “tekortkoming” is die grootte van die brandstoftenk. Die standaard Jimny kom met ‘n brandstoftenk van slegs 40 liter, wat nie voldoende is vir oorgrens-of plaaslike reise (waar vulstasies dikwels min is) nie. Gelukkig het Opposite Lock nou tot die redding gekom met ‘n langafstand-brandstoftenk vir die huidige en mees onlangse (vanaf 2018) Suzuki Jimny-modelle. Die langafstand-tenk word voor die agterste ewenaar oor die as geïnstalleer en bied ‘n bykomende 40 liter, wat jou brandstofkapasiteit opgradeer na ‘n heel skaflike 80 liter. *Beskikbaar by Opposite Lock teen R29 995: www.oppositelock.co.za Die lewe is…