Almal se Everest
Soortgelyk aan die ontwikkeling van die volgende generasie Ford Ranger, was klante se insette sentraal tot die ontwikkeling van die bakkie se SNV-boetie, die Everest. Dit lyk beslis sportiewer en heelwat aantrekliker, maar spesiale sorg is ook geneem om ‘n veilige en gerieflike binneruim vir beide bestuurder en passasiers te verseker.
Robuust, dog verfyn
Ford se globale ontwerp-DNS word in die C-vormige hoofligte gesien en ‘n horisontale voorste sierrooster gee die nuweling ‘n meer progressiewe en uiters aanvallige voorkoms. Boonop het die breër spoorwydte ‘n meer dramatiese boog oor die wiele tot gevolg, wat ‘n selfs sterker SNV-profiel skep.
‘n Luukse kajuit met sagte materiale, premium afwerkings en sagte, dog effektiewe beligting, tesame met dramaties verminderde geraas-en vibrasievlakke, onderskei hierdie gewilde sportnutsvoertuig van sy bakkie eweknie. Die…