Verwelkom Avontuur Afrika, ‘n nuwe, opwindende en diverse platform wat beide Afrikaanse en Engelse drukweergawes insluit, asook ‘n sterk digitale platform vir kampeer- en landreisentoesiaste om saam te kuier en te gesels.
Vir die Avontuur Afrika-span is reis en ontdekking nie net ‘n werk nie – dis ‘n ware passie en ‘n viering van ons kontinent. En ja – reis ís soms harde werk, die lekkerte ten spyt. So is daar altyd ure se beplanning en organisering voordat jy die karavaan of veldwa kan haak en die boendoes invaar. Maar heel eerste is daar die idee, die droom! Gelukkig vir ons, woon ons op ‘n vasteland waar daar geen tekort aan reisinspirasie is nie – of dit nou plaaslik of verder as ons landgrense is, daar wag ‘n avontuur om elke hoek en draai. Covid-19 regulasies, wat op PCR-toetse vir grensoorgange en tot twee weke kwarantynperiodes vir sommige lande aandring, het reis die afgelope twee jaar ‘n duur proses gemaak. Dié pandemie-paniek…
BREINKRAG Soekdie volgendeslange, reptieleenverwantebegrippeindieblokraai. Woorde kan horisontaal, vertikaal of diagonaal en in enige rigting wees. Kappies en deeltekens word nie gebruik nie. Die woorddeel’ slang/akkedis/geitjie/skilpad’ ens word soms ter wille van spasie weggelaat maar word in hakies geplaas vir duidelikheid. ADDER AGAMA AKKEDIS AMFIBIES AURORA HUIS (SLANG) BERG (ADDER) BERGSKILPAD BIBRON(SEGEITJIE) BLOUKOP (KOGGELMANDER) BOOM (SLANG) BOSVELD (KOBRA) BRUIN WATER (SLANG) HUISSLANG DIURNALE (SPESIE) DRAAD (SLANG) EIER (VRETER) ENDEMIES FEROMONE FLAPNEK(VERKLEURMANNETJIE) GEBANDE (GEITJIE) GECKO BOS (SLANG) (GEVLEKTE) KOUSBANDJIE (GEVURKTE) TONG (GEWONE) SLAKVRETER (GIF)TANDE GIFTIG HABITAT HEMO (TOKSIES) HIBERNEER HUIS) GEITJIE INKAMELA INYOKA IPHIMPI KAAPSE HONDERDPOOTVRETER KAAPSE KOBRA KAMOEFLEER KARDIO (TOKSIES) KARET (SEESKILPAD) KONSERTINA (BEWEGING) KOPERKAPEL KORAAL (SLANG) KOUDBLOEDIG LAKTEUS LEERRUG (SKILPAD) LUISLANG MAAGSAP(PE) MAMBA MOLSLANG KAAPSE KOBRA KAMOEFLEER KARDIO (TOKSIES) KARET (SEESKILPAD) KONSERTINA (BEWEGING) KORAAL (SLANG) KOUDBLOEDIG LAKTEUS LEERRUG (SKILPAD) LUISLANG…
Grahame McLeod skryf: Ek het die artikel met landreiswenke in Uitgawe 14 van jul tydskrif met groot belangstelling gelees en wil graag ‘n paar opmerkings maak wat moontlik ook vir reisigers nuttig kan wees. Vir toegang tot Zimbabwe kan dit verpligtend wees om ‘n lang rooi reghoekige strook langs die agterkant van die voertuig of sleepstang te hê. Dis ook belangrik om te onthou watter kant van die pad om te ry wanneer jy jouself in ‘n ander land bevind. In Kenia, Uganda en die meeste SADClande, ry ons aan die linkerkant soos in Suid-Afrika. Die twee uitsonderings is Angola en die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) waar jy, soos in die res van Afrika, aan die regterkant van die pad ry. Vir Suid-Afrikaners is dit moontlik om die…
Die immergroen Toyota Land Cruiser het gedurende 2021 sy 70ste verjaardag gevier, nadat dit as die Toyota Jeep BJ in 1951 sy opwagting gemaak het. Alhoewel die Desember-drama rondom die gevreesde Covid-19 Omikron-variant die media-bekendstelling van die spesiale herdenkingsmodel in die wiele gery het, het dié model sedert Desember soos soetkoek verkoop. Die 70ste herdenkingsmodel is slegs beskikbaar in die 79-reeks enkel-of dubbelkajuit bakkies en spog met ‘n kenmerkende erfeniskenteken op die deure net bokant die skouerlyn, ‘n ARB bosbreker (wen-as gereed) en ‘n heuningkoekrooster wat die Toyota-naam (eerder as die elliptiese logo) vertoon. Daar is ook ‘n buisvormige agterste trapbuffer met ‘n verwyderbare sleepstang en die laaibak is met rubber behandel. Aan die binnekant word dié model onderskei deur donkergrys katoenseil sitplekoortreksels met die erfeniskenteken en Land Cruiser-vloermatjies. Soos…
TGB het onlangs hul indrukwekkende Blade 600 vierwiel-motorfietsreeks, wat aanvanklik uit twee modelle sal bestaan, bekendgestel. Die sportiewe TGB Blade 600 SE.X EPS 4x4 ATV is geskik vir enigiets van daaglikse werk tot ontspanningsgebruik. Met sy vaartbelynde bakontwerp, smal sitplekarea en helder LEDvoorligte lyk dié model kontemporêr, dog funksioneel en die passasiersitplek kom met ‘n nuttige rugleuning. Verder is dit toegerus met vragdrarakke met ‘n kapasiteit van 30kg (voor) en 50kg (agter). Aan die ander kant van die spektrum is die TGB Blade 600 AR EPS 4x4 ATV-model wat as ‘n werkesel ontwerp is en die aanslaevanstrawwealledaagsegebruikinveraldie landbouen mynboubedrywe die hoof sal bied. Dit beskik oor ‘n klasleidende 200kg laaibak en die agtervering is ook versterk. Albei hierdie ATV’e word aangedryf deur ‘n enkelsilinder, vloeistofverkoelde 561cc vierslagpetrolenjin wat 33.4kW krag…
Dit is ongetwyfeld ‘n gewaagde stap om ‘n tradisionele 4x4 in 2022, wanneer ‘n mens verskoning moet vra vir die gebruik van ‘n tradisionele binnebrandenjin, bekend te stel. Mens kan dus nie anders as om die vasberadenheid van Ineos Automotive se voorsitter, Jim Ratcliffe, ‘n Britse entrepreneur, wat sy visie om ‘n werkesel voertuig na die mark te bring verwesenlik het, te bewonder nie. Die eerste toetseenhede arriveer teen Julie in Suid-Afrika en die eerste aflewerings van die Ineos Grenadier word in Oktober vanjaar verwag. Hoogs omgekrap nadat Land Rover die Defender se vervaardiging gestaak het, het Ratcliffe besluit om sy eie veeldoelige 4x4 werkesel te bou. Die voertuig se ontwerp kom hoofsaaklik van ‘n skets wat in 2017 op ‘n servet by die Grenadier kroeg in Knightsbridge in London…