Affipadaf is ‘n eenstopwinkel vir al jou kampeer-, 4x4-, visvang- en buitelugtoerusting. Dit sluit kampstoele, gazebo’s, eetgerei, skadunette, hengeltoerusting, braaitoerusting, dubbelbatterystelsels, ligte, tente asook 4x4-ombouings in.
Man-en-vrou-span, Jaco en Chantelle Potgieter, het Affipadaf in Desember 2020 geopen aangesien dit nog altyd hul passie was om ‘n spesialis buitelugwinkel wat dit ten doel stel om vir kliënte tyd en geld te bespaar deur die presiese toerusting te vind wat hulle benodig, teen ‘n billike prys. Hul diensgerigte formule is so suksesvol dat hulle beoog om na ‘n groter perseel in die komende maande uit te brei.
Die besigheid is egter nie net ‘n buitelugwinkel nie. Jaco en Chantelle deel nog ‘n groot passie: die skep van unieke boskos en ander heerlike geregte. Vanjaar het hulle dus ook die Affipadaf Restaurant &…