Verwelkom Avontuur Afrika, ‘n nuwe, opwindende en diverse platform wat beide Afrikaanse en Engelse drukweergawes insluit, asook ‘n sterk digitale platform vir kampeer- en landreisentoesiaste om saam te kuier en te gesels.
Wat ‘n krisis het die gewraakte C-woord nie vir die toerisme- en reisbedryf veroorsaak nie! Die afgelope twee jaar was verwoestend, met die helfte van Suid-Afrikaanse restaurante wat na beraming hul deure gesluit het en gastehuise, lodges en reisagente wat op hul knieë gedwing is. Dan praat ons nog nie eers van die verwante sakeondernemings wat gesneuwel het nie. En die oomblik toe ons weer kop optel en dit blyk dat dinge na “normaal” begin terugkeer het, kom die Omikron-variant, so op die vooraand van die somervakansie wat soveel besighede se hoop op verligting en herstel was. Binne dae word ‘n reisverbod op Suid-Afrika en die meeste van ons buurlande geplaas. Vlugte word gekanselleer en besprekings op ys gesit. Soos ek hier sit en skryf het omtrent die hele wêreld…
BREINKRAG Ontdek die volgende besieningswaardighede, brûe, damme, ponte, Meiringspoort se 26 driwwe en besondere paaie van Suidelike Afrika in die blokraai. Woorde kan horisontaal, vertikaal of diagonaal en in enige rigting wees. Kappies en deeltekens word nie gebruik nie. Ter wille van spasie is die “brug”/”dam”/”drif”/”kloof”-deel van elke woord uitgelaat. AALWYN (DRIF) AAP (KLOOFJ ALBASINI (DAM) ALEXANDRA (DAM) ALPHEN (DAM) BALK (BRUG) BEIT (BRUG) BLOUKRANSRIVIER (BRUG) BLOUPUNT (DRIFT) BOBBEJAANSRIVIER (BRIDGE) BOESMANS (DRIFT) BOOG (BRIDGE) DA GAMA (DAM) DAM (DRIFT) DAMAN (DAM) DE BOS (DAM) DE BRUG (BRIDGE) DERDE TOL (DRIFt) DUBELLE (DRIFt) EERSTE (DRIFT) ERNEST OPPERHEIMER (BRIDGE) GAMKA (POORT) GAMKAS (KLOOF) GARIEP (DAM) GOURITZ (RIVIER - BRIDGE) GREY (DAM) GROOTRIVIER (BRIDGE) GUBU (DAM) HANG (TYPE OF BRIDGE) HEL (DIE - KLOOF) HERRIE (DRIFT) INANDA (DAM) INYAKA (DAM) KANNA (LAND -…
Beverley le Grange skryf: Met almal wat hierdie tyd van die jaar begin dink aan luilekker vakansies, kon ek nie anders as om terug te dink aan sommige van die feesseisoene wat ons in van die mooiste uithoeke van ons kontinent gevier het nie. Gedurende 2016/17 het ons drie weke en meer as 6 000km deur Kaokoland, die Kunenerivier, Etosha Natuurreservaat, Sossusvlei, Sesfontein, Marienfluss, Puros, Palmwag en Hentiesbaai gereis. Ons het ook die berugte Van Zyl’s Pas suksesvol aangepak. Ons Kersfees in ‘Niemandsland’ naby Van Zyl’s was veral ‘n besondere ervaring. Aangesien ons te laat opgedaag het om die pas veilig aan te pak, het ons besluit om ‘n massiewe bonfire te maak, ons daktente op te slaan, ‘n paar kersliggies te hang en bloot die geseënde saamwees in die…
Hoe kry ek my bakkie reg vir die boendoes? Nadat ek onlangs deur jul tydskrif geblaai en al die wonderlike afgeleë plekke gesien het, is ek geïnspireer om ‘n avontuur te beplan. Daar is egter soveel menings oor wat om op jou voertuig aan te bring en wat nie. Wat is die belangrikste bykomstighede en opgraderings om my ryding gereed te kry vir ‘n landreis? – Brandon Davis Ons het vir Simon Steadman van Ultimate Adventures gevra om hierop uit te brei: Ons kan boeke oor hierdie onderwerp skryf, maar kom ons kyk na sommige van die belangrikste opgraderings om te verseker dat jy gereed is om enige pad met selfvertroue aan te pak. BANDE: Jou bande is die enigste ding wat jou van die grond skei. ‘n Goeie stel…
Tweede-generasie voertuie moet altyd sterker, beter en mooier wees om die aandag te behou. Met Isuzu se tweede-generasie mu-X het hulle vir seker die voorkoms reg gekry en alhoewel ons dit nog nie bestuur het nie, klink dit of dit ‘n uiters bekwame voertuig is. Die mu-X is gebaseer op die D-Max bakkie wat na verwagting in 2022 die mark sal betree en het ‘n skerper skouerlyn, meer prominente sierrooster en opvallende LED hoof- en agterligte. Die Onyx-vlagskipmodel spog met modieuse 20-duim wiele in diamantvorminge vellings en die laer spesifikasievlak LSE beskik oor 18-duim wiele. Die twee basislyn LS-modelle loop op 17-duim allooiwiele. Die sewesitplek sportnutsvoertuig is heelwat groter binne, met verbeterde afwerkings en laer geraas- en vibrasievlakke danksy hersiende klankdempende isolasieplasing en die onderstel wat beide ligter en stywer…
‘n Toename van 24.8% in verkope van nuwe voertuie in 2021, vergeleke met 2020, is ‘n goeie teken dat verbruikersvertroue stadigaan besig is om op te tel. Dit, sê ekonome, is ten spyte van ‘n magdom nuwe uitdagings, insluitend ‘n styging in die brandstofprys, hoër rentekoerse wat lenings duurder maak, konstante beurtkrag en die breër gevolge van die Covid-19 pandemie. Tot op datum het die nuwe motormark 428 131 verkope genoteer, byna 25% meer as die 342 956 eenhede wat tot November verlede jaar verkoop is. In November het 41 588 nuwe voertuie huis gekry, 6.6% hoër as verlede jaar se syfer en 553 eenhede meer as in Oktober. Alhoewel die verkope van ligte kommersiële voertuie in November met 0.8% tot 11 156 eenhede gedaal het, het passasiersvoertuie met ‘n…