Hatari, McClaren, Jamie, Jumbo, Geizar, Missy, Nikita, Smokey… Gewone perde sonder vorige prestasies wat tydens Vrouemaand ingespan sou word om ‘n groep vroue ruiters se reisgenote op ’n epiese tog ten bate van welsynsorganisasies te wees. Vroeg in Augustus is die agttal perde in waentjies gelaai om die stofgetrapte pad uit Maun verby Shorobe en Sankuyo na die 105-kaplyn, agter verskeie bakkies en ander voertuie, aan te pak. Vandaar sou die vroue in die saal spring om die ongeveer 300km tot by Elephant Sands te ry.
Die groep avonturiers en helpers het vanaf Maun, Pandamatenga, Francistown, Nata en Satau gereis en verskeie uitdagings oorkom om uiteindelik in die middel van nêrens afgelaai te word en kamp op te slaan in die laaste strale lig wat oor die horison verdwyn. Daar…