Suzuki Suid-Afrika het onlangs die aflewering van ‘n eerste besending Jimnys vanaf die massiewe Gurgaon-aanleg in Indië, gevier. Hierdie aanleg bou voertuie uit 100% Japanees-vervaardigde komponente vir verspreiding na belangrike markte in die suidelike halfrond en die Karibiese Eilande.
Die hoogs ge-outomatiseerde aanleg is die derde grootste vervaardigingsfasiliteit in Suzuki se wêreldwye netwerk, en bou 700 000 eenhede uit die handelsmerk se 2.25-miljoen vervaardigingskapasiteit in Indië per jaar. Suzuki is verantwoordelik vir 51% van Indië se totale motormark, waar die Swift, Ignis, Baleno, Vitara Brezza en die Ertiga (saam met die ekwivalente Toyota-handelsmerk Starlet, Urban Cruiser en Rumion vir laasgenoemde drie) vervaardig word.
“Toe Japan aangekondig het dat die Jimnys wat vir die plaaslike mark bestem is voortaan ook by die massiewe Gurgaon-aanleg gebou sal word, het ons, ons handelaars…