Die Kaapse kobra, ook bekend as die geelslang of koperkapel, kom grootliks in die Wes-en Noord-Kaap voor, maar strek tot in die Oos-Kaap, Vrystaat, Lesotho, Noordwes, Botswana en Namibië. Dit is ‘n uiters giftige slang met ‘n sterk neurotoksiese gif, soortgelyk aan dié van die swart mamba en dus geen verrassing dat hierdie twee slange verantwoordelik is vir meeste slangbytsterftes in Suider-Afrika nie.
Geel en goue oranje kleur variëteite van hierdie slang is algemeen, maar sjokoladebruin, liggeel en gespikkelde individue word ook gevind. Jong slange is gewoonlik ‘n ligbruin kleur met ‘n donker stuk wat die grootste gedeelte van die bors bedek en duidelik sigbaar is wanneer ‘n bakkop gevorm word.
Die Kaapse kobra se habitat is fynbos, Karoo struikgewasse, dorre savanna-velde en die Namibwoestyn, waar dit in knaagdiergate, rotsskeure…