Verwelkom Avontuur Afrika, ‘n nuwe, opwindende en diverse platform wat beide Afrikaanse en Engelse drukweergawes insluit, asook ‘n sterk digitale platform vir kampeer- en landreisentoesiaste om saam te kuier en te gesels.
Mountain Passes South Africa het nou die dag ‘n paar skreeusnaakse foto’s op Facebook geplaas. Die een het ‘n ossewa gewys, die ander ‘n 1954 Morris Minor met ‘n groot hoepeltent op die dak. Die ouens by MPSA het spottend daarop gewys dat daktente duidelik nie iets nuut is nie. Ek kon nie help om daaroor te glimlag nie! Hierdie spesiale verjaardag uitgawe (ja – ons is inderdaard al ‘n jaar lank op hierdie avontuur!) bevat juis ‘n artikel oor opwip hardedop daktente, wat volgens baie in die industrie as die deurbraak van die dekade beskou word. Ja, hierdie hardedop daktente is ongetwyfeld briljant. Die tegnologie het tot so ‘n mate gevorder dat dit nou liggewig is, binne sekondes opslaan en jou veilig en beskut te hou in selfs die…
BREINKRAG KAMPKOSSE, BESTANDELE EN RESEPTE: Ontdek die verskillende kossoorte, resepte, bestanddele en etes in die blokraai. Woorde kan horisontaal, vertikaal of diagonaal en in enige rigting wees. Kappies en deeltekens word nie gebruik nie. AANDETE BESKUIT BRAAIVIS DEEG FETA GIS JAMBEK KOEKIES MAALVLEISPASTYE PADKOS PEPER QUICHES ROERBRAAI SAGO SKAAPTJOPPIES SODA SOUT TINKIES VIENAS AARTAPPELSLAAI BIER BRAAIVLEIS DELLE FRIKKADELLE HAM KAAS KOFFIE PAP PERI PERI SOUSE RAPE ROKER SALMVISKOEKIES SKELVIS SOET SPEK EN EIERS UIE VIS BBQ BILTONG BREKFIS DIS GEBRAAIDE MARSHMALLOWS HAMBURGER KERRIE KOK MIELIE PASTA PIZZAS REPIE ROOM SAP SKENKELS SOP T BEEN VARKPAELLA BEESFILLET BOEREWORS BROK DOP* HOENDERVLERKIES KETEL KOLE MOERBYBREKFIS PATEE POTBROOD RIBROL ROOSTERKOEK SEEKOS SLAAI SOSATIES TAMATIES VARKTJOPS BEKERS BRAAIBROODJIES CREMORA EIER GEROOKTE VARKRIBBETJIE JAFFELS KNOFFELBROOD KORTRIB ONTBYTPAP PEER POTJIEKOS RISOTTO RYS* SKAAPBRAAIBOUD SNOEK SOUS TEE…
“Baie geluk met jul eerste jaar in die bedryf, Avontuur Afrika! Ja, daar was vir seker ‘n paar groeipyne, maar dit is oorkom en elke uitgawe het gespreek van toewyding, harde werk en ‘n passie wat uitgeleef word. Met die kwaliteit artikels, voortreflike joernalistieke bydraes, pragtige foto's, professionele bladuitleg en sommer net lekkerlees inhoud, is dit een van die tydskrifte wat werklik van krag tot krag gegaan het. Vele mense het doemprofetiese voorspellings gemaak rakende die volhoubaarheid van Avontuur Afrika se verskyning, veral in Covid-19 tye. Gelukkig het die span hulle verkeerd bewys en elke maand was die tydskrif op die rakke. Die span kwyt hulself voortreflik van hul taak en het ‘n tydskrif wat werklik bo die gewone industrie standaard is daargestel.” – Louis Krouwkamp, medewerker en vertaler “Wat…
Rick and Nathan Marais skryf: Die Budget Overlander-span het vroeër vanjaar ‘n uitnodiging ontvang om aan die 2021 Spirit of Africa kompetisie wat op die Geluksfontein Privaat Wildreservaat gehou word, deel te neem. Die byeenkoms word aangebied deur die 11-keer Suid-Afrikaanse tydrenkampioen, Sarel van der Merwe en dit was ‘n groot eer om hom te ontmoet. Die allesomvattende Spirit of Africa kompetisie bied aan deelnemers tent-akkommodasie, alle maaltye en ‘n 3.0-liter V6 TDI outomatiese VW Amarok vir gebruik tydens die geleentheid. Die kompetisie bestaan uit 13 fases wat deur SuperVan self opgestel is en bevat vyf tegniese fases, twee omkeerfases, een sleepren en vyf spoedbane. Dit is ‘n wonderlike geleentheid en ons kan dit ten sterkste aanbeveel vir enige 4x4 avonturier! Aangaande ons wiele vir die geleentheid: die VW Amarok.…
Mahindra tref die kol met twee spesiale uitgawes Die afgelope 10 jaar het Mahindra van ‘n relatiewe onbekende handelsmerk in Suid-Afrika na ‘n grootkop in die motorbedryf gegroei en bied veral bekostigbare opsies vir die 4x4-koper. Hul gewilde vlagskip-modelle – die Mahindra Scorpio en Pik Up – is onlangs opgegradeer. Pik Up Karoo Dusk Geïnspireer deur die pragtige Karoo-landskap, is die nuwe Mahindra Karoo Dusk S11 Automatic ‘n treffende leefstylgerigte dubbelkajuit bakkie. Dit is gebaseer op die gewilde S11 Karoo en toegerus met die top produkte uit die Mahindra onderdeelkatalogus asook ‘n paar spesiale items wat eksklusief tot die Dusk sal wees. Verder spog dit met spesiale akasiaboom Karoo-kentekens en unieke plakkers. Die model kom met ‘n duursame swart filmbedekking en deel die stylbalk op die laaibak, staal sytrappe, robuuste…
Tjirp, tjirp! Dit maak nie saak of jy ‘n ywerige voëlkyker, natuurliefhebber of ‘n volkome beginner is nie; die identifisering van voëls in jou tuin, of terwyl jy reis, kan vinnig ‘n verslawing word. Terselfdertyd kan dit nogal frustrerend wees as jy slegs ‘n dik voëlboek as gids het, aangesien jy dié nie altyd kan saamdra nie. Met die Merlin Bird ID-toep kan jy egter vinnig en maklik voëls wat jy raaksien of hoor, identifiseer deur slegs jou selfoon te gebruik. Hierdie handige toep bied talle prettige en interaktiewe maniere om voëls te identifiseer: jy kan óf ‘n paar eenvoudige vrae (soos die voël se hoofkleure en grootte) beantwoord, óf jy kan ‘n foto of ‘n klankopname van die betrokke voël gebruik. Jou voël-ID word ook gefokus volgens die tyd…