Ripleys Camp, Windhoek
‘n Vinnige 20 minute se ry vanaf Windhoek af sal jy Ripley’s, wat veilige kamp, chalets of tentverblyf bied, vind. Geriewe sluit ‘n swembad, braai areas en ‘n staproete, waar jy swartwitpense, springbokke, blesbokke, rooibokke en Njalas sal sien, in.
KONTAK: christa@ripleyscamp.com | www.ripleyscamp.com
Oppi-koppi Restcamp, Kamanjab
Oppie-Koppi is ‘n ware oase in die woestyn en ‘n ideale en laaste rusplek voordat jy na Etosha, Windhoek, Damaraland, Kaokoland, Epupa-valle of Swakopmund ry. Dit bied selfsorgeenhede en vyf kampplekke wat almal toegerus is met ‘n braai area, kragpunt, ‘n kraan en netjiese ablusieblokke.
KONTAK: +264 67 33 00 40 | info@oppi-koppi-kamanjab.com www.oppi-koppi-kamanjab.com
Kunene River Lodge
Geleë op die oewer van die Kunenerivier, wat die noordwestelike grens tussen Angola en Namibië vorm, bied Kunene River Lodge verskeie verblyfopsies en…