Verwelkom Avontuur Afrika, ‘n nuwe, opwindende en diverse platform wat beide Afrikaanse en Engelse drukweergawes insluit, asook ‘n sterk digitale platform vir kampeer- en landreisentoesiaste om saam te kuier en te gesels.
Hoofredakteur: Mary Willemse Uitgewer: Anton Willemse Sr Redakteur: Angus Boswell Hoof van Ontwerp: Simone Anderson Joernalis: Lizaan Snyman Redaksionele & digitale koördineerder: Anton Willemse Jr Reaksionele konsultante: Louis Krouwkamp Marie Willemse Verkope: Adriaan Jooste Anton Willemse Sr Medewerkers: Anton & Natasha Schutte Bernie Williams Clifford & Maryke Roberts George van Deventer Johan Kriek Marette Bennett Rikus Truter Trygve Roberts Directors: Mary Willemse | Anton Willemse…
Die mantra hier by Avontuur Afrika was nog altyd “jóú avontuur, jóú reëls”. Die fokus mag dalk op Suider-Afrika wees, maar wanneer dit kom by landreise, kamp in afgeleë gebied en die spektrum van buitelewe aktiwiteite, is daar werklik minder reëls as wat ‘n mens dink. Die beperkings is dikwels jou verbeelding eerder as die begroting. Daar is werklik ‘n paar avontuurlustige reisigers en onverskrokke avonturiers daar buite. Omdat ons jou stories wil hoor en vertel, is ek ‘n lid van ‘n Wild Camping Facebookgroep en lede deel gedurig foto’s en stories van sommige van die plekke waarheen hulle gereis het. Dit is merkwaardig om na berge, riviere, oseane, woestyne en oop vlaktes – wat jy nog nooit gesien het of selfs van gehoor het nie – te kyk. Dit…
Charmain Makena van Pietersburg skryf: Ek het onlangs die Defender Trophy-artikel in Uitgawe 9 van Avontuur Afrika gelees – sjoe, ek wens ek kon by een van hierdie geleenthede aansluit! Ek was nog altyd lief vir Land Rovers en kon uiteindelik my droom verwesenlik toe ek verlede jaar ‘n 2008 Land Rover Defender 110 gekoop het. Alhoewel dit ‘n trotse dag was, was dit ook senutergend aangesien ek ‘n 4x4-groentjie is en al die terme kan nogal oorweldigend wees! Ek het dit nog nie op ‘n groot avontuur geneem nie, maar ek het kontak gemaak met verskillende Land Rover-eienaars via aanlynplatforms en kan getuig van wat Johan Kriek geskryf het oor die kameraderie tusen Land Rover eienaars. Ek is baie opgewonde om binnekort die Landie vir haar eerste avontuur te…
Ontdek die volgende meer as 120 woorde wat verband hou met avontuur, kamp en 4x4 terme in die blokraai. Woorde kan horisontaal, vertikaal of diagonaal en in enige rigting wees. Kappies en deeltekens word nie gebruik nie. AFRIKA AFSAAL AMMO KIS AVONTUUR BAK BANDE BANDHERSTELSTEL BATTERY BESEM BLADVERE BLARE BOENDOE BOERETROOS BOOM BOS BOSWA BRAAI BRUG BRUL DAKRAK DEEG DIESELENJIN DOMKRAG DONGA DONKIERAT EET ETE EWENAAR GEE GEREK GESOG GIS GRONDPAD GRONDVRYHOOGTE GROOT VYF HERWIN HOED JERRYKANNE KAAP KAMPE KAMPSTOELE KAS KLEIN VYF KLOOF KLOS KNIPMES KOS KRAP KRONKELVEER KUIER KUS LAAIKASSTELSEL LAESTREKRAT LEEG LEERRAAMONDERSTEL LIG LUGKUSSING MAAN MODDER NAAMSA NAWEKE OMSKAKELAAR ONTBYT OORDRARATKAS OORKRUISGATE OOS PARKEERAFSTANDBEHEER PEN PLAT POOG RAAKSKERM RED RIVIER ROKER ROOF ROOI ROOMYS ROOSTER RUS SANDPAAIE SEE SEEL SELF SIS SKOKBREKERS SLAGGATE SLANG SLEEPSTANG SLEUTEL SLOT…
LESER VAN DIE MAAND Bied ‘n na-verkope veerstelsel opgradering enige werklike voordele? Ek lees gereeld op oor veerstelsel opgraderings en het ook opgemerk dat meeste van jul Vierwiel Vennoot bydraes handel oor voertuie met ‘n geligte veerstelsel. Ek ry ‘n 2013 Hilux D-4D en is redelik tevrede met die standaard veerstelsel daarin maar baie van my mede-avonturiers meen dat ek my veerstelsel moet opgradeer om by hulle by te kan bybly. Kan ‘n na-verkope stelsel werklik beter wees as dít waarop die voertuigvervaardigers miljoene rande op spandeer om te ontwikkel? Ons het Mic van Zyl van Ironman 4x4 gevra om hierop uit te brei – hier is wat hy te sê gehad het: Daar is inherent niks fout met die oorspronklike veerstelselsel in jou Hilux of enige ander standaard voertuig…
Oorgrensbewaring het onlangs ‘n betekenisvolle hupstoot gekry met die suksesvolle verskuiwing van 27 sebras en 62 blouwildebeeste oor 1 250km vanaf die Nasionale Krugerwildtuin in Suid-Afrika na die Zinave Nasionale Park in Mosambiek. Dié nuwe aankomelinge het aangesluit by die meer as 2 300 stuks wild wat voorheen verskuif is en nou gedy onder Zinave se herstel-en bestuursprogramme. Die Vredesparkstigting (Peace Parks Foundation) ondersteun hierdie projek wat sedert 2018 reeds meer as 700 diere verskuif het. Donasies van Suid-Afrika se Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing en Mosambiek se ministerie van grondsake en die omgewing het dit moontlik gemaak om diere in sleutelparke van die groter Limpopo Vredesparkstigting aan te vul. “Die verskuiwing van spesies uit die Nasionale Krugerwildtuin na Zinave Nasionale Park in Mosambiek, is ‘n goeie aanduiding…