Verwelkom Avontuur Afrika, ‘n nuwe, opwindende en diverse platform wat beide Afrikaanse en Engelse drukweergawes insluit, asook ‘n sterk digitale platform vir kampeer- en landreisentoesiaste om saam te kuier en te gesels.
Few places in this world are more dangerous than home. Fear not, therefore, to try the mountain passes. They will kill care, save you from deadly apathy, set you free, and call forth every faculty into vigorous, enthusiastic action.– John Muir (1838-1914) Baie beskou die Skotse Amerikaner, John Muir as die vader van nasionale parke. Hy was ‘n vroeë voorstander vir die bewaring van wildernisgebiede in die Verenigde State van Amerika en het gehelp om te verseker dat plekke soos Yosemite relatief ongerep gehou word vir toekomstige geslagte. Hy was ‘n plantkundige, dierkundige en omgewingsfilosoof. Hy was ook ‘n uitgesproke voorstander om mense weg van hul daaglikse lewe en geldmaakroetines en eerder in die berge te kry vir rus en inspirasie. Plaaslik het ons natuurlik mense soos Paul Kruger om…
LESER VAN DIE MAAND Martin Briggs van Onrusrivier skryf: Die artikel “In die skoot van Moeder-Afrika”, deur Adriaan Jooste in Uitgawe 7 het my oog gevang met die pragtige foto’s deur Francois en Hybré Grobler. Ek moet met die skrywer saamstem dat ‘n mens altyd ‘n hindernis moet deurloop voordat jy sommer net deurry. Dit het my laat dink aan een avontuur waar ons ons voorste nommerplaat verloor het in ‘n waterkruising naby Third Bridge in Moremi – as ek nou terugdink, was dit waarskynlik nie die beste idee om sommer so in ‘n rivier vol krokodille daarna te soek nie! Ek en my vrou, Sue, het al baie in Botswana gereis en die beroemde Hunters Road was nog altyd een van die interessantste gedeeltes in die land, juis omdat…
Ontdek die volgende meer as 90 wêreldbestemmings, plekname, toerisme attraksies en bekende plekke in die wêreld in die blokraai. Woorde kan horisontaal, vertikaal of diagonaal en in enige rigting wees. Kappies en deeltekens word nie gebruik nie. Woorde is in beide Afrikaans en Engels. ANGOLA BIG BEN DISNEY FIDJI HAITI KAFUE KROASIE MANDELA STATUE PALESTINE PONTA DO OURO ROME SIRIE THAILAND ZAMBIE ARGENTINIE BOTSWANA DONAU FISH RIVER CANYON HAMBURG KALAHARI KRUGER PARK PANAMA ROOI PLEIN ST LUCIA TOKIO ZANZIBAR ASIE CANADA DUBAI HOUTBAAI KANGO GROTTE KUBA MEKKA PARYS PORT ELIZABETH SAHARA SUEZ TURKYE ASWAN CAPE TOWN DURBAN GOBI HUDSONBAAI KGALAGADI LESOTHO MONACO PERTH PORTLAND SAMOA SWART SEE UGANDA BAHAMAS CHINA EGIPTE GREECE INDIE KIEF LIMPOPO MOREMI PERU PRETORIA SANI PASS SYDNEY WENE BAIKAL CHOBE EIRE GROENLAND ISRAEL KONGO LOS ANGELES…
Posisie: Redaksionele en digitale koördineerder Gunsteling toebehore: Dit moet ‘n kampyskas wees, vir die ooglopende rede dat dit die bier koud hou! Op ‘n ernstige noot: ‘n dubbel batterystelsel en omskakelaars is uiters belangrik om alles – insluitend die yskas – gelaai en in werkende toestand te hou. Gunsteling vakansiebestemming: Ek is van jongs af bevoorreg genoeg om deur baie dele van Suider-Afrika te reis en het al wonderlike plekke gesien en beleef. Die hoogtepunt moet egter die Makgadikgadi-panne in Botswana wees – die skoonheid in hierdie verlate uitgestrektheid is eenvoudig onbeskryflik. Droombestemming: Ek wil graag na Tanzanië reis vir die wêreldbekende wildebeesmigrasie. Beste reisadvies: Wees altyd voorbereid en leer ken jou voertuig se vermoëns en beperkinge. Ongeag watter handelsmerk jy bestuur of hoeveel keer jy al ‘n landreis aangepak…
Daar is min dinge in die lewe wat kan meeding met ‘n vars koppie boeretroos, terwyl jy uittuur oor ons kontinent se pragtige landskappe en natuurskoon. Met Protea Coffee is die aroma en smaak van die koffiewinkel nou haalbaar, selfs in die boendoes. Hierdie innoverende fynproewerskoffie word deur Kaapstadse koffieroosters gebrou en is beskikbaar in espresso-, premium- en ontbytmengsels. Daar is ook nou ‘n kafeïen-vrye opsie beskikbaar. www.proteacoffee.co.za info@proteacoffee.co.za…
Land Rover Discovery opgedateer Slegs vier jaar nadat dit in 2017 in Suid-Afrika bekendgestel is, is daar nou ‘n hersiene weergawe van die Land Rover Discovery by plaaslike handelaars beskikbaar. Hierdie opgedateerde premium sewe-sitplek sportnutsvoertuig (SNV) het aansienlike verbeteringe aan die buite- en binnekant ontvang, afgerond met ‘n reeks nuwe enjins. Die nuutste inlyn ses Ingenium-enjins is in twee variasies beskikbaar. Die petrol P360-aandrywingstelsel is gekoppel aan 48 V hibried-tegnologie vir uitsette van 265 kW krag en 500 Nm wringkrag, terwyl die D300-diesel tot 221 kW en 650 Nm onderskeidelik lewer. Hulle draf die 0-100 km/h naloop in onderskeidelik 6.7 en 6.8 sekondes kaf en die geskatte brandstofverbruik is 7.8 liter/100 km vir die diesel en 9.2 liter/100 km vir die P360. Die vorige V6-aandrywingstelsel (die super-aangejaagde 250 kW/450 Nm…