Vyftien nuwe Ford Ranger XL-modelle, geverf in Ford se Colorado Red, is onlangs by Hilti Suid-Afrika se vloot bygevoeg. Hierdie opvallende Ford Rangers, wat deur Hilti se verkoops- en diensverteenwoordigers gebruik word, sal voortgaan om hul uitstekende veelsydigheid en betroubaarheid te bewys soos hulle die land oor alle soorte terrein deurkruis, terwyl hulle swaar-diens toerusting dra. Ford is sedert 2010 die trotse vlootverskaffer vir Hilti en hierdie nuwe Rangers het die totale hoeveelheid Rangers, aangedryf deur die beproefde 2.2-liter Duratorq TDCI-enjin, in die vloot na 80 laat groei. Ford Suid-Afrika kon ook aan Hilti se presiese voertuigvereistes voldoen deur parkeerafstandbeheer en ander toebehore soos ‘n stootbalk en sluitbare tonneau-dekking op Hilti-voertuie aan te bied.
Vir jou daaglikse dosis avontuur, nuus en meer inligting oor hierdie en ander voertuie, besoek gerus…