Die 2021 Isuzu MU-X draai reeds koppe in Sydney, Australië. ‘n Ywerige aanhanger van CarAdvice Australia het foto’s ingestuur van hierdie langverwagte sportnutsvoertuig (SNV). ‘n Span gewapen met kamera-toerusting was besig om die aantreklike voertuig in die besige Sydney sakedistrik te verfilm, waarskynlik vir die nuwe TV-advertensie. Volgens verskeie bronne sal die nuwe MU-X spog met die nuutste veiligheidstegnologie wat, onder meer, ‘n lugsak in die middel tussen die voorste sitplekke, radar spoedreëling, ‘n tweeling-kamera, blindekol monitering, agterste kruisverkeer waarskuwing en herkenning van spoedborde insluit. Die nuwe MU-X sal waarskynlik aangedryf word deur die nuwe 3.0-liter vier-silinder turbodiesel wat ook in die nuwe Isuzu D-Max bakkie ingespan sal word. Dit sal na verwagting 140 kW krag en 450 Nm wringkrag ontwikkel en sal waarskynlik met ‘n sesgang outomatiese of handratkas…